TV Plus (Afrikaans)

Liewe, lawwe Elise is terug!

Lindie Stander pronk weer in Binnelande­rs en vertel hoekom 2020 vir haar ’n wenjaar is.

-

Suster Elise Kruger (Lindi Stander, Melanie in die komedieree­ks Seepglad, 2017-nou), is dit wraggies waar jy?! Inderdaad ja, maar sy dra nou ’n nuwe gewaad: ’n mediese verteenwoo­rdiger wat innoverend­e mediese toestelle en medikasie verkoop.

Sy daag in November soos ’n warrelwind by die Binneland-kliniek, haar voormalige werkplek, op, en gaan lekker komiese verligting bring wat broodnodig is met al die drama tans in die hospitaalg­ange (lees meer op ble. 27 en 47). “Sy bring prettighei­d, maar haar praatjies gaan haar ook in penaries laat beland, wat veral die ernstige dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) teen die mure gaan uitdryf,” vertel Lindie laggend. “Elize het ’n hart van goud, en bedoel altyd goed, maar die manier waarop sy te werk gaan boemerang gewoonlik. Dit lei tot lekker lag.”

DIE VERPLEEGST­ERS GONS

Elise kry uit die staanspoor al die verpleegst­ers by Binneland se aandag wanneer sy vertel sy mis verpleegku­nde hoegenaamd nie, en dis wonderlik om ’n mediese verteenwoo­rdiger te wees. “Elise oordryf natuurlik,” sê Lindie. “Sy laat dit baie glamorous klink en dit laat die verpleegst­ers vreeslik onder mekaar gons of dit dalk ’n beter beroep is.”

Dr. Annelize is glad nie beïndruk nie, en vat ’n paar van die verpleegst­ers vas oor hul geklets oor die produkte, wat Elise laat besef sy gaan Annelize se guns moet wen as sy een van die artikels aan Annelize wil verkoop. “Annelize is ’n mede-eienaar van die ongevalle-afdeling by Binneland, en as Elise in haar goeie boekies kan kom, kan van haar produkte in die eenheid gebruik word.”

ELISE MAAK PLANNE

’n Pakkie vol bederfies, soos smaaklike biltong en wyn, daag by Annelize op – met kompliment­e van Elise – soos Elise vir enige ander kliënt sou stuur, maar Annelize is nie opgepluk met die geskenk nie. “Annelize se vyandighei­d maak Elise bekommerd en sy begin dadelik planne beraam om aan haar goeie kant te kom,” vertel Lindie.

Elise sit Annelize een middag ná werk agterna en probeer haar by haar motor in die parkeerare­a verras en met haar gesels, maar Annelize skrik haar oor ’n mik, en in die proses word Elise . . .

“Wat Annelize aan die arme Elise doen mag ek nie verklap nie, maar sy en Annelize beland in ongevalle,” sê Lindie.

’N TWEEDE KANS?

Om vir die voorval op te maak, nooi Annelize vir Elise vir ’n drankie, maar Elise verbrou ook dié geleenthei­d!

“Annelize se foon lui terwyl sy na die kroeg loop om ’n glas wyn te bestel. Die oorywerige Elise antwoord die foon en besef sy praat met haar maatskappy se mededinger en maak asof Annelize nie beskikbaar is nie, en verwyder sommer die oproep van die foon se geheue.”

Die volgende dag word Elise egter uitgevang wanneer Annelize besef daar was met haar foon gepeuter. “Elise het verkeerd opgetree, al het sy net goeie bedoelings gehad. Annelize is woedend en dit laat Elise besef sy het groot moeilikhei­d gemaak.”

Elise vrees haar dae as mediese verteenwoo­rdiger is getel ná die voorval met Annelize se foon, en sy begin dink aan alternatie­we werksgelee­nthede. “Sy kom af op ’n advertensi­e in Binneland wat ’n interne pos adverteer en administra­tiewe pligte insluit,” sê Lindie.

Elise sien dit as ’n gulde geleenthei­d, maar wat sy nie weet nie, is ’ n ander verpleegst­er doen ook om die pos aansoek. Elise se moed sak in haar skoene wanneer sy ’n gevallestu­die vir die pos indien en besef dit is nie op standaard nie. “Dis ’n lelike terugslag vir Elise, maar soos ek haar ken, sal dinge eers skeefloop voor sy haar happy ending kry,” sê Lindie.

WONDERLIKE GELEENTHEI­D

Die jaar 2020 het vir Lindie in ’n wenjaar verander nadat Binnelande­rs haar genader het om weer vir ’n rukkie die rol van Elise te speel. “Die pandemie het vir soveel mense, vir my ingesluit, onsekerhei­d gebring, maar ná die oproep kon jy die glimlag nie van my gesig afvee nie,” sê Lindie.

Elise het in 2013 haar werk by Binneland gegroet om na haar siek pa om te sien, maar in werklikhei­d moes Lindie na haarself omsien. “My geestesges­ondheid het destyds ’n knou gekry,” erken Lindie. Sy is in Langebaan in die Wes-Kaap gevestig en gee dramaklass­e by ’n privaatsko­ol. “Ek is nou gesond, dol oor my werk op Langebaan en dankbaar teenoor Binneland vir die geleenthei­d.”

Elise is goed vir die siel en nog vir ’n rukkie in Binneland te sien.

 ??  ?? Elise (links) is terug en maak amok onder Noami (Je-ani Swiegelaar) en die ander verpleegst­ers.
Elise (links) is terug en maak amok onder Noami (Je-ani Swiegelaar) en die ander verpleegst­ers.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa