TV Plus (Afrikaans)

Twee paartjies versoen

Die liefde blom behoorlik tussen Danny en Chanel, en Hugo en Julia is net so verlief.

-

Ons kon nie vir beter nuus gevra het nie! Verpleegst­er Chanel (Lindsey

Abrahams) het met haar paramediku­skêrel Danny (Bradley Olivier) versoen, so ook dr. Hugo (Cobus Rossouw jr.) en sy eksvrou Julia (Eloise Clasen).

Die liefde blom behoorlik in die gange van die Binneland-kliniek en wie weet, dalk lui daar binnekort ook trouklokke!

VERKLAAR DIE LIEFDE

Hugo en Julia verklaar hul liefde vir mekaar nadat ’n onskuldige kuiertjie in iets meer ontaard en hulle die volgende oggend saam wakker word. “Dinge is aanvanklik ’n bietjie ongemaklik, maar nadat Hugo prontuit vir Julia vra of sy hom nog liefhet en sy sonder twyfel

‘ja’ sê, is dinge heelwat vroliker,” vertel Cobus. Hugo is nog altyd lief vir Julia, al is hulle geskei nadat hul huwelik jare gelede verbrokkel het weens die dood van hul seuntjie, Marko (nie op die skerm nie).

Intussen raak Danny en Chanel se versoening ook bekend. “Dit het in die geheim gebeur,” sê Bradley. “Die twee kon net nie meer hul gevoelens keer nie ten spyte van die trauma waardeur hulle is (in Oktober) met Chanel se molêre swangerska­p.” Hulle het hul versoening vir eers stil gehou om die tyd alleen te geniet en deur hul probleme te werk.

DIS AMPTELIK

Chanel se bestie, Naomi (Je-ani Swiegelaar), is egter vies vir Chanel wanneer sy by tannie Ilse (Hannelie Warren) hoor Chanel en Danny is weer saam. “Naomi sou dit graag by Chanel wou hoor,” sê Lindsey. “Maar Chanel wou vir eers dinge tussen haar en Danny privaat hou, en sy en Naomi maak wel later op.”

NIE TE VEEL DRUK

Hugo en Julia het intussen amptelik ’n paartjie geword, en met die liefde in die lug en almal wat nou van Chanel en Danny weet, waag Ilse om Chanel te vra of sy en Danny nou gaan trou. “Die vraag maak Chanel ’n bietjie ongemaklik, want dinge het nou net reggekom tussen haar en Danny en sy wil nie te veel druk op hom plaas nie,” sê Lindsey.

Chanel het wel ’n gesprek met Danny oor trou, en hy stel haar gerus hulle hoef nie nou enige drastiese besluite te neem nie. “Dis beslis iets wat hulle wil hê, maar ná die seer van die verlede is dit beter om eers briek aan te draai,” sê Bradley.

 ??  ?? Danny (links) en Chanel is weer dol verlief, maar hulle sit ver van mekaar af weens die pandemie-regulasies.
Danny (links) en Chanel is weer dol verlief, maar hulle sit ver van mekaar af weens die pandemie-regulasies.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa