TV Plus (Afrikaans)

Pawn Stars

Seisoen 17 History (*186) 21:05 Realiteit

-

Rick Harrison het al als gesien en als verpand in die realiteits­reeks Pawn Stars (2009-nou). “Ons bestuur Gold’s Pawn Shop hier in Las Vegas al van voor die reeks af, en dit sal lank ná die reeks nog in bedryf wees. Sommige van die vreemde goed wat by die winkel uitkom, moet jy eintlik sien om te glo. Mense het my al ’n hart in ’n fles aangebied, en ’n skeepsanke­r so groot soos ’n motor. Mense se enigiets probeer verpand,” sê die 55-jarige realiteits­ter. Hier is ter viering van seisoen 17 ’n kykie na vyf interessan­te artikels wat al aangebied is.

1 Seisoen 5 episode 6 (2011) ’n Spoggerige koperteeke­tel het geblyk ’n eendpers uit die 1800’s te wees. Jy plaas die gebraaide eend daarin en pers al die sappe uit om ’n smaaklike sous te maak. Rick wou dit hê, maar wou nie die prys van $3 000 (R48 600) betaal nie.

2 Seisoen 8 episode 1 (2013) Mangels is in die 1800’s met ’n valbylagti­ge toestel verwyder. Corey het met graagte $800 (R1 300) vir die toestel opgedok.

Seisoen 9 episode 6 (2014) Rick se 3 musiekmal seun Corey wou sy pa se geld uitgee op die Beatles se oorspronkl­ike handelsmer­kkontrak, maar Rick het geweier om $1 miljoen (R16 miljoen) daarvoor te betaal. Seisoen 9 episode 41 (2014) ’n Kliënt 4 het versteende dinosourus-eiers aangebied en wou $20 000 (R320 000) daarvoor hê. Toe die egtheid daarvan bepaal is, was dit $600 (R9 000) werd.

Seisoen 13 episode 16 (2016) Hoewel 5 Rick nie $70 000 (R1,1 miljoen) vir ’n Egiptiese mummie-doodsmaske­r wou betaal nie, het hy $30 000 (R486 000) vir die makabere artikel opgedok. Dis in sy kantoor en is nie te koop nie.

 ??  ?? Seisoen 17 History (*186) 21:05 Realiteit (sien langsaan)
Toe ons laas gekyk het: Rick Harrison (middel) met sy seun Corey (links) en Corey se bestie, Chumley.
Seisoen 17 History (*186) 21:05 Realiteit (sien langsaan) Toe ons laas gekyk het: Rick Harrison (middel) met sy seun Corey (links) en Corey se bestie, Chumley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa