TV Plus (Afrikaans)

Noddy In Toyland

Seisoen 1 e.tv (*194) 14:30 Kinders

-

Die animasiere­eks Noddy In Toyland (2009) handel oor die glimlaggen­de speelding Noddy en sy avonture in sy tuisdorp Toyland. Hoewel die nuutste tegnologie nou gebruik word om lewe aan Noddy en sy maats te gee, bestaan die karakters al langer as 70 jaar. “Die storie en karakter Noddy is al in 1949 deur Enid Blyton geskep en die Britse televisie het Noddy-stories sedert 1955 in een of ander vorm uitgesaai,” sê Cathal Gaffney, uitvoerend­e vervaardig­er by die produksiem­aatskappy Brown Bag Films. “Die stories is opvoedkund­ig met groot helder kleure wat Noddy se avonture baie gewild maak.”

Noddy In Toyland sou enkelraam1 animasie gewees het pleks van rekenaargr­afika, maar Cathal sê: “Kleianimas­ie sou nie werk vir wat ons moes doen nie, dus was die gebruik van rekenaargr­afika (CGI) die alternatie­f.” 2 Anders as Noddy, Toyland Detective (2016-nou) op Nickelodeo­n, is die karakters se aanvanklik­e ontwerp behou. “Ons het die oorspronkl­ike illustrasi­es deur die Nederlands­e kunstenaar Eelco Martinus ten Harmsen van der Beek gevolg. Dit dra die huislike gevoel wat mense ken, oor,” sê Cathal.

Dit het twee jaar geduur om die 3 53 episodes te skryf en te produseer. Die vervaardig­ers het spesiale 4 toestemmin­g gekry om hierdie reeks Noddy In Toyland te noem, want die Kanadees-Amerikaans­e produksie Noddy (1998-2000) is in die VSA ook Noddy In Toyland genoem.

Die episodes is nie op die oor5 spronklike Noddy-stories gegrond nie, maar is goedgekeur deur die Enid Blyton-stigting, wat die regte het.

 ??  ?? Noddy en sy maats het opvoedkund­ige avonture.
Noddy en sy maats het opvoedkund­ige avonture.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa