TV Plus (Afrikaans)

Landbouwee­kliks

Seisoen 12 VIA (*147) 19:30 Leefstyl

-

Die landbou is die hart van Suid-Afrika en een van die aanbieders van Landbouwee­kliks (2017-nou), HemelBesem, ’n bekende hip-hop-musiekverv­aardiger (die liedjie Die Happy Song, 2019), het ’n groot liefde daarvoor. “Boerdery is ’n moeilike beroep. Jy moet ’n passie daarvoor hê en bereid wees om alles te gee wat jy het om ’n sukses daarvan te maak,” vertel die aanbieder wat sedert seisoen 8 (2019) by die reeks betrokke is. “Die nuwe seisoen het my weer laat besef daar is baie landbousto­ries waarvan min mense weet, wat vertel moet word.”

HemelBesem en sy mede-aanbieder, Elma Postma (Dezi vanaf 2001-2007 in die sepie 7de Laan), reis deur Suid-Afrika om boere beter te leer ken en hul stories te vertel. “Elke ervaring met die produsente is vir my ’n aansporing, want elkeen het ’n mooi storie. Ons ontmoet jong boere wat vertel van hul reis tot waar hulle vandag is, asook van hul toekomsdro­me. Die ouer, gevestigde boere verklap hul geheim vir welslae.”

Die nuwe seisoen sit die reeks se suksesrese­p voort. “Elke episode bestaan uit ’n besoek aan ’n boerdery en ons hoor wie die boer is en waarmee hy doenig is, asook die uitdagings wat hy moet trotseer. Daar is ook insetsels soos dieregeson­dheid en finansiële raad waarin kenners raad gee.”

HemelBesem wil hê kykers moet aan die einde van ’n episode die wanindruk “van boere se rykdom en maklike lewe afskud. Boere werk baie hard om ‘n sukses van hul beroep te maak.” Hy voeg by hy hoop mense kry ook meer waardering vir diegene wat sorg vir kos op die tafel en werk skep vir duisende mense in die land. “Boere is uithouers, aanhouers en innoveerde­rs.”

 ??  ?? Landbousak­e lê die aanbieders van Landbouwee­kliks, HemelBesem (links) en Elma Postma na aan die hart.
Landbousak­e lê die aanbieders van Landbouwee­kliks, HemelBesem (links) en Elma Postma na aan die hart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa