TV Plus (Afrikaans)

Inconceiva­ble

Seisoen 1 M-Net (*101) 20:30 Drama

-

Dit is duidelik die ginekoloog en eienaar van ’n swangerska­pkliniek, Marieke

(Anel Alexander, Liesl van 2004 tot 2006 in 7de Laan, 2000-nou, lees meer op ble. 21-23) se wêreld verbrokkel in die laaste episode van die seisoen. “Sy word by ’n baba-omruiling betrek wat haar mediese loopbaan kan verongeluk,” vertel Anel. Marieke kan haar gesin verloor en in hegtenis geneem word nadat haar prokureur-bestie uit haar kinderjare, Rachel (Carine Rous, Anna in die sitkom Elke Skewe Pot, 2017-nou), ’n gesonde baba gesteel het nadat haar eie baba in episode 1 in September doodgebore is. “Pleks van dit dadelik by die polisie aanmeld, het Marieke Rachel probeer oorreed om die baba aan haar regte ouers terug te gee,” sê Anel. “Maar Rachel het geweier om haar klein Abby terug te besorg.” Uit desperaath­eid het Rachel onlangs Marieke se man, Wesley (Wayne van Rooyen, Stokkies sedert 2014 in Scandal!, 2005-nou, lees meer op bl. 26) bedwelm en hom in ’n bandopname skuldig laat lyk aan seks met ’n minderjari­ge sekswerker om Marieke se mond te snoer.

“As die vriendekri­ng se sedelike gewete wil Marieke die waarheid onthul om haar gesin te beskerm, maar teen watter prys?” vra Anel. Hoewel die hoofaktris­e ons die swye opgelê het oor vanaand se episode, het sy gesê: “Daar gaan hope drama wees. Dit gaan woes raak! Elke karakter gaan sy of haar ware kleure wys en hulle gaan selfsugtig wees, pleks van die baba voorop stel,” sê Anel. Sy voeg by: “Die slotepisod­e word op my verjaardag uitgesaai [sy word 41 jaar oud]. Hoe’s dit vir ’n geskenk? Vele kinkels wag nog op Marieke en Rachel.”

 ??  ?? Die beste vriendinne Marieke (hoof) en Rachel (inlas) moet een laaste struikelbl­ok oorkom.
Die beste vriendinne Marieke (hoof) en Rachel (inlas) moet een laaste struikelbl­ok oorkom.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa