G’N MEDIASIE
Zoe sterk goed aan en aanvanklik wil sy Tim oorreed om die hele dagvaardingsaak te los, maar sy verander vinnig van deuntjie wanneer sy uitvind dinge gaan aan soos gewoonlik by Atlantic Arendaline en die besigheid floreer.
“Die frustrasie binne haar omdat sy sit en niksdoen, bou op, en sy besluit om eerder Tim in sy wraakplan teen Rhafiek te ondersteun,” sê Lauren.
Later probeer van Tim en Rhafiek se vriende ’n mediasie tussen die twee reël sodat hulle hopelik tot ’n vergelyk kan kom, maar die gort is gaar! Tim druk Rhafiek se knoppies en hulle het ’n hewige argument.
’N OOMBLIK VAN SWAKHEID
Kate skarrel om al die dokumentasie rondom die staptoer vir Rhafiek reg te kry sodat hy dit na sy prokureur kan neem, en in die proses kom sy agter nie Tim óf Zoe het die vrywaringsvorm onderteken nie. “In ’n oomblik van swakheid vervals Kate Zoe en Tim se handtekeninge,” verklap Annelisa. Maar onmiddellik daarna begin haar gewete haar teister. “Dis nie in Kate se aard om so iets te doen nie, en sy raak gespanne wanneer sy hoor Rhafiek-hulle het ’n sterk saak om hulself te verdedig,” natuurlik met die ondertekende vrywaringsvorms . . .
Uit desperaatheid om haar gewete te sus, bieg Kate by Rhafiek se vrou,
(Desiré Gardner), wat ook Tim se kollega is by SuidoosterEiendomme, oor wat sy gedoen het. “Carmen is geskok, en sy raai Kate aan om eerlik met Rhafiek te wees oor wat sy gedoen het,” sê Annelisa. Maar wanneer die geleentheid kom om vir Rhafiek die waarheid te vertel, keer Carmen Kate en sê sy moet eers stilbly oor wat sy gedoen het. Wat gaan gebeur as die waarheid uitkom? Dit kan Rhafiek se saak verongeluk en hom sy besigheid en reputasie kos . . .
Carmen