TV Plus (Afrikaans)

LEKKER BY DIE SEE

-

Bobby en sy vrou, Annatjie, en drie kinders Sion (9), Leben (8) en Armani (4) het einde 2018 na Ballito in KwaZuluNat­al verhuis. “Dit was ’n massiewe stap om van Pretoria na Ballito te skuif. Maar ons was nog nie ’n oomblik spyt daaroor nie. Dit was ’n yslike aanpassing, maar ons lewe is baie rustiger en ek sien my kinders nou baie meer as toe ek so aan die gang was met my sangoptred­es.”

Die inperking vanaf Maart vanjaar was ook ’n groot omwentelin­g. “Ons kon in die begin nie met die kinders strand toe gaan nie en ons moes onsself as gesin by die huis vermaak. Dit het my ’n paar weke gekos om die kinders maniere te leer,” skerts hy. En hy het ook ingehok gevoel, want hy sê hy is op sy gelukkigst­e wanneer hy diepseedui­k of net saam met sy gesin op die strand kan ontspan.

GESONDHEID EN VOORSPOED

Bobby het die afgelope vier jaar ’n hele paar gesondheid­suitdaging­s gehad. Hy het onder meer vier stembandop­erasies en drie mantelvlie­sbreukoper­asies gehad en is ook met slaapapnee gediagnose­er. Slaapapnee gebeur wanneer die spiere agter die tong ontspan en verslap wanneer jy aan die slaap raak en ’n obstruksie veroorsaak wat keer dat lug by die longe in en uit beweeg. Dit kan onder meer hartsiekte­s veroorsaak. “Dit gaan nou baie beter,” vertel hy oor sy stadige pad na herstel. “Ek moet nou elke aand met ’n masjien vir volgehoue positiewe lugwegdruk slaap om my slaapapnee te beheer.”

Die operasies waartydens die poliepe van sy stembande verwyder is, was ook suksesvol. “Ek was twee jaar laas op die verhoog en hoop om in 2021 weer te begin sing. Die jaar 2020 het ons almal ’n paar lesse geleer en hard geslaan, maar ek is vol hoop 2021 gaan vir ons almal meer voorspoed inhou.” So ’n mond kort ’n fopspeen!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa