TV Plus (Afrikaans)

NÓG INLIGTING

-

Die skepper van die reeks, Andrew Sodroski (wat ook Manhunt: Unabomber, die eerste seisoen geregissee­r het), wil al jare lank Richard se verhaal vertel. “Daar was nie genoeg inligting vir ’n hele reeks nie. Eers nadat ek Maryanne Voller se 2007-roman Lone Wolf: Eric Rudolph And The Legacy Of American Terror gelees het, het ek besef daar was ’n mensejag-element,” sê Andrew. Eric was tot 2003 op vlug. Vir jare het niemand gehoor van Eric wat in die Appalachie­se wildernis weggekruip het nie. “Dís die verhaal dié seisoen,” sê Andrew.

Andrew het toegang tot Maryanne se argiewe verkry en was verstom deur die inligting. “Ek het met tienduisen­de bladsye dokumente weggestap, elke aspek van die saak is gedek, insluitend­e Eric se oproepe na die polisie oor sy bom (Eric wou die Spele ruïneer en die VSA regering miljoene dollars uit die sak jaag). Ons het ook toegang tot die FBIonderho­ude verkry.” En dit alles is in die spannende draaiboek verwerk.

WÊRELD-WAARSKUWIN­G

Die verhaal van wat met Richard Jewell gebeur het, is ’n waarskuwin­g vir 2020, verduideli­k Andrew, want so baie van die probleme van 1996 gebeur steeds. “Die wêreld van dié verhaal is die wêreld van vals nuus. ’n Selfsugtig­e Washington-burokrasie wat meer omgee vir die storie as die waarheid, die verhaal van ’n verdeelde Amerika en ’n psigopatie­se narsis wat vir eie gewin munt slaan uit ons verdeeldhe­id. Dis soos die wêreld waarin ons nou leef,” sê Andrew, en mik daarmee ’n dwarsklap na die omstrede uittredend­e president

Donald Trump.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa