TV Plus (Afrikaans)

LAYLA SE HART BREEK

-

Kort ná die swangerska­pontdekkin­g tref nóg ’n skok Layla tussen die oë wanneer sy sien hoe Bompie met ander meisies flankeer en haar verneuk. “Dit breek haar hart in stukke,” sê Juandre. “Layla het die hele tyd gedink Bompie is dolverlief op haar ten spyte van sy ongeskikth­eid, maar kyk nou! Nou is sy die grap in die verhaal.” Hoe gaan sy nou vir Bompie kan vertel hy word pa? “Dis vir haar baie moeilik om aan die te dink wanneer sy nou net gesien het hoe Bompie haar verneuk,” sê Juandre. “Layla is deurmekaar en voel verneder en kan nie nou logies dink nie.”

DIS NIE MY KIND NIE

Jarrid sê hy dink as Layla uiteindeli­k die moed bymekaar skraap om Bompie te vertel sy is swanger, sal hy arrogant genoeg wees om te ontken hy is die pa. “Bompie is ’n gemors wat kry wat hy wil hê – of dit nou mense seermaak of nie,” sê Jarrid. “En om kinders groot te maak is beslis nie nou deel van sy planne nie.”

En ontken is presies wat Bompie doen wanneer Layla hom van haar swangerska­p vertel . . . Kwaad en omgekrap gaan Layla en haar beste vriendin, Mielies (Kaylene Bergstedt), na Bompie en vat hom vas oor sy houding en hoe sleg hy Layla behandel. Die twee meisies is trots op hulself dat hulle teen die boelie opgestaan het, maar soos ons Bompie ken, gaan hy dinge nie daar los nie. “Bompie dit niks wanneer mense hom konfrontee­r nie, want niemand konfrontee­r Bompie nie. Dit motiveer Bompie net om nog meer te wees,” sê Jarrid.

Layla en Mielies sal op hul hoede moet wees, want wraak is soos kos vir Bompie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa