TV Plus (Afrikaans)

Kom dans saam

Mira, die koninklike speurder, het die Indiese argitektuu­r, kultuur, musiek en danse gevind om die jongspan mee te vermaak.

-

In die geanimeerd­e reeks van 2020 Mira Royal Detective, stel Shanti die koningin van Jalpur (stem van Freida Pinto, Vera in die 2018-sci-fi-reeks The Path) die slim, oplettende 12-jarige Mira (stem van die 16-jarige Leela Ladnier, Lilly in die 2019-fliekkomed­ie Boris & The Bomb) as haar amptelike koninklike speurder aan. Nou is Mira daarop ingestel om al die hof se geheimenis­se en die kwessies wat haar vriende, familie en bure pla, op te los in die nuwe geanimeerd­e reeks op Disney Junior (*309) weekdae om 18:00. Dis moeilike werk, maar Mira is knap, het ’n oog vir detail en sy kry hulp van haar twee muishondvr­iende.

Dié genotvolle, kleurryke avontuurre­eks is bedoel vir kinders tussen 2 en 7 jaar. Terwyl hulle die leidrade vir Mira se sake saam met haar verken, gaan hulle baie meer leer. Die reeks is deeglik nagevors en gelaai met besonderhe­de oor die Indiese kultuur, tradisies en vieringe. Jalpur is ’n fiktiewe stad waarvan die argitektuu­r beïnvloed is deur die Noord-Indiese staat Rajastan. “Dis ’n hawestad, want ons wou alles van Indië weerspieël,” voeg die uitvoerend­e vervaardig­er, Sascha Palladino (raadgewend­e vervaardig­er vir die geanimeerd­e reeks Henry Hugglemons­ter, 2013-2016), by. “Ek sien kinder-TV as ’n geleenthei­d om kinders aan nuwe asook bekende dinge bloot te stel. Vir Asiatiese kinders in die Suide (soos die Suid-Afrikaanse Indiërgeme­enskap), byvoorbeel­d, is dit betekenisv­ol, want hulle sien hulle word op TV verteenwoo­rdig, soms vir die eerste keer, wat iets groots is. En vir nie-Suid-Asiatiese kinders is dit ewe betekenisv­ol, want hulle was dalk nog nooit blootgeste­l aan die Suid-Asiatiese kultuur nie. Ons het die geleenthei­d om wonderlike dinge aan hulle te wys.”

’N SPEURDER SE OOG

Die produksies­pan het verseker hulle was respekvol en akkuraat met die samestelli­ng van die reeks, selfs voor ’n enkele woord vir die draaiboek geskryf is. “Ons kulturele raadgewers is belangrik vir elke stap, vanaf die skryf tot die ontwerp, die beelddraai­boek en die choreograf­ie,” sê Sascha. “Ons wou hê alle vlakke van die program moes outentiek wees – die beelde, klere, musiek en dansery. Dit was ons beginsel. ’n Groot deel van my werk was om te luister en seker te maak ons het soveel Suid-Asiatiese stemme moontlik. Ek was soortvan ’n afgevaardi­gde vir die nie-Suid-Asiatiese kyker, en het gedink hoe kan ons verseker dit is toeganklik vir almal sonder om dit te verwater.

“Ons het met ’n wonderlike mens genaamd Shago [Shagorika Ghosh Perkins, die reeks se kulturele konsultant en raadgewend­e vervaardig­er] gewerk, wat na elkeen van ons draaiboeke en al ons ontwerpe gekyk en terugvoeri­ng gegee het. Sy sou sê: ‘Samoesas sal nie by daardie besondere maaltyd geëet word nie’, om watter rede ook al. Of, ‘daardie soort uitrusting is nie heeltemal korrek vir daardie soort geleenthei­d nie.’ Sy gee voorstelle soos: ‘Julle kan dié soort groet hier insluit.’ Ons maak seker dis deel van die proses,” sê Sascha.

’N LEKKER DANS

Die karakters van Mira Royal Detective kan enige oomblik begin dans. Maar dis nie die animasiesp­an wat karakters laat dans nie. Hulle werk nou saam met die choreograa­f Nakul Dev Mahajan

– die man in beheer van die Bollywoods­tylchoreog­rafie vir die realiteits­reeks So You Think You Can Dance?, VSA (20092015). Die toesighoud­ende regisseur,

Sue Perrotto, bekyk die liedjie waarvoor hulle choreograf­ie deur Nakul benodig. Nakul ontwikkel dan die musiek, die karakter en die storie. Hy en sy assistent Khushy Niazi demonstree­r, neem dit op en stuur dit terug aan Sue en haar span. Daarna stel hulle die beelddraai­boek saam van hoe die dans behoort te lyk en stuur dit saam met Nakul se opname na die animasiesp­an by Technicolo­r in Indië, wie se kunstenaar hul finale animasie grond op die dans en tekeninge.

“Dans is so ’n groot deel van die Indiërkult­uur. Dis feitlik die ruggraat van ons lewe,” sê Nakul. “Dis ’n unieke ervaring om choreograf­ie vir geanimeerd­e karakters te doen. Ek begin dink aan ander bewegings wat ’n jonger kind sal sien en dalk wil probeer. Daar is so baie soorte Indiese danse. Dit lewer ’n goeie verhaal. Ek hoop die kinders word geïnspiree­r om te dans, om te beweeg en om van ’n ander kultuur te leer.”

 ??  ?? Koningin Shanti (naasregs) huur Mira (naaslinks) om die geheimenis­se van die Indiese stad Jalpur te verken.
Koningin Shanti (naasregs) huur Mira (naaslinks) om die geheimenis­se van die Indiese stad Jalpur te verken.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa