TV Plus (Afrikaans)

Krap waar dit nie jeuk nie

Brent Vermeulen se transforma­sie in die outistiese, geniale ander Malan in Spoorloos: Steynhof het kykers aan die gons.

- Seisoen 3 Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Spoorloos: Steynhof

Die nuutste raaisel wat tans in seisoen 3 van die antologier­eeks Spoorloos (2018-nou) op die kassie is, toor met kykers. Ons is almal nuuskierig oor wat werklik met Adri van Tonder (Jane de Wet, Lexi Summerveld in die dramareeks The Girl From St. Agnus, 2019-nou) se ouers 15 jaar gelede op die weelderige Steynhofpl­aas in die Noord-Kaap gebeur het. Wie het hulle vermoor, hoekom het Adri se oppasser Liena (Annabel Kohl, ’n nuweling) haar ontvoer en aan Therese (Franci Swanepoel, mede-aanbieder vanaf

2021 van die leefstylre­eks,

Fiësta 2001-nou) verkoop? Soveel vrae wat antwoorde vra!

En saam met Adri op soek na antwoorde, is haar skoolpel Xander Malan (Brent Vermeulen, Johan in die dramareeks Alles Malan, 2019-nou). “Xander is dolverlief op Adri, en omdat hy op die outistiese spektrum is (en geniaal slim), verstaan hy nie hy is besig om by Adri se lewe in te meng nie,” sê Brent. “Hy wil haar help en sy logiese ingesteldh­eid sê vir hom hy kan dit doen as hy die waarheid oor haar herkoms uitvind, en daar is niks of niemand wat hom gaan keer om agter die kap van die byl te kom nie.”

’N GEVAARLIKE SOEKTOG

Xander speel met vuur deur in Adri se lewe te krap en te snuffel oor wat presies – toe en nou – op Steynhof gebeur het. “Hy stel sy lewe in gevaar deur na die waarheid te soek,” vertel Brent. “Maar hy besef dit nie. Vir hom is daar net een missie en dis om vir Adri te help. Hy is hipergefok­us en hy dink nie eers daaraan om versigtig te wees nie. En dís waar dinge vir Xander kan skeefloop,” waarsku Brent.

Xander se ouers het juis aan die begin van seisoen 3 aan hom probeer verduideli­k hy krap waar dit nie jeuk nie, en het alles probeer om hom van Adri af weg te hou. Hulle het Xander se rekenaarka­bel van hom weggevat sodat hy nie navorsing oor haar kon doen nie – sy nuuskierig­heid is in die

eerste episode geprikkel toe Adri se ma nie haar geboortese­rtifitkaat vir die skoolhoof kon gee nie en hy wou uitvind hoekom sy nie een het nie.

“Xander is baie lief vir sy ouers en wil hulle nie minag of ongehoorsa­am wees nie, maar as gevolg van sy outisme kan hy homself nie keer nie. Die obsessie met Adri neem sy lewe oor en hy kan nie stop nie,” sê Brent.

XANDER EN SY PA

Nick Malan (Neels Claasen, Charl in die fliek Stroomop, 2018 ) is Xander se pa, en hy probeer regtig hard om sy seun te verstaan. “Xander se pa is nie so slim soos hy nie,” sê Brent. “Hy is ’n man vir die manne, en hou van sport en braai en wil graag ’n verhouding met Xander bou, maar sukkel om Xander te verstaan en dit frustreer hom baie.”

Nick moet keer op keer sy humeur in toom hou wanneer Xander weer aangaan oor Adri, want hy weet as hy met Xander gaan baklei, kan dit Xander net verder ontstel – iets wat Xander maklik ’n angsaanval gee. “Later in die reeks probeer Nick vir Xander leer krieket speel met die hoop dat dit sy aandag van Adri sal aflei, maar Xander stel nie belang nie – hy is nie vir sport gemaak nie en wil eerder na sy rekenaar terugvlug waar hy leidrade oor Adri en Steynhof kan uitsnuffel,” voeg Brent by.

BRENT SE TRANSFORMA­SIE

Vir die rol van Xander moes Brent ’n pruik dra en dit het sy voorkoms heeltemal verander. “My hare was lank vir ’n ander rol (seisoen 2 van

Alles Malan wat moontlik volgende jaar op kykNET uitgesaai word), en ek kon dit nie sny nie,” vertel Brent. “Dis interessan­t hoe die pruik my so anders laat lyk het. Dit het styf op my kop gesit, en ek het daai stywe gevoel gebruik om in Xander se skoene te klim. Hy loop penregop en alles is op sy plek, van sy pennehouer op sy skoolbank tot die mat voor sy bed.”

’N KUNSTIGE KANT

Brent (20) sê hy het nog altyd ’n kunstige kant aan hom gehad. “As kind het ek saam met my sussie gedans en op my eie begin teken en skilder.” Op skool aan die Paarl Gimnasium in die WesKaap het Brent aan die skool se blyspel deelgeneem toe hy 16 jaar oud was en drama as vak begin neem. “Rondom daai tyd het ek my eerste rol in die fliek Stropers (2018) gekry en van daar af het my loopbaan as akteur begin.”

Sedertdien was Brent ook te sien in die film Griekwasta­d (2019), as speurder Dick de Waal (Arno Vosloo, Robin van Rees in die minireeks Cape Town, 2016) se seun, Henry, en as Divan Fourie in die dramareeks Afgrond (2021-nou). “Dit was wonderlik om saam met Arno te werk,” sê Brent. “Hy het so ’n presence op stel gehad en sy kennis oor alles van rolprentwe­rk, van kameras tot beligting, was ongeloofli­k.”

VASGENAEL VOOR DIE KASSIE

Brent sê die rede waarom Spoorloos almal se aandag so aangryp, is as gevolg van die misterie. “Almal wil weet wat die raaisel is en dan is daar ook die gevoel wat die reeks wek dat die karakters dopgehou word: Daar is altyd oë op hulle en met elke episode kom ons nader daaraan om te weet wie die een is wat almal dophou.”

• Lees meer op bl. 8 (DítKykOnsN­ou van Lucia).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Brent met lang hare as Paul in die dramareeks 4 Mure (2021-nou) saam met die aktrise Devonecia Swartz wat die rol van Zoë, Paul se meisie, gespeel het.
Brent met lang hare as Paul in die dramareeks 4 Mure (2021-nou) saam met die aktrise Devonecia Swartz wat die rol van Zoë, Paul se meisie, gespeel het.
 ??  ?? Xander se pa, Nick (links), probeer hard om sy seun te verstaan.
Xander se pa, Nick (links), probeer hard om sy seun te verstaan.
 ??  ?? Van links bo: Jane, mnr. Van Deventer (André Stolz, Faf in Binnelande­rs, 2005nou), en Xander se skoolmaats, Gizelle (Izel Bezuidenho­ut, nuweling) en Larry (Brandon Eloff, nuweling).
Van links bo: Jane, mnr. Van Deventer (André Stolz, Faf in Binnelande­rs, 2005nou), en Xander se skoolmaats, Gizelle (Izel Bezuidenho­ut, nuweling) en Larry (Brandon Eloff, nuweling).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa