TV Plus (Afrikaans)

CESAR SE VYF REDES OM DIE REEKS TE KYK

-

Jy sal ’n natuurlike, eenvoudige 1 en diepgaande uitkyk op die wêreld aanleer. Die wêreld kan, middein ’n pandemie, steeds glimlag, steeds liefhê, steeds kalmte en selfversek­ering vind. Hierdie reeks gaan jou herinner aan die belangrikh­eid van jou huis, want jou huis moet jou energie voed. Jou huis moet mooi, gestruktur­eerd en skoon voel.

2 Dis my gesin wat jou gesin help. Ek het my kinders en ’n klein groepie mense opgelei om saam met my te werk. En dis nie ’n reeks net vir hondemense nie, dis ’n reeks vir die wêreld. Dié reeks se missie is om seker te maak mense verbeter.

3 Ek gee nie om as jy nie geld het nie, of jy middelklas of superryk is nie. Dit maak glad nie saak nie, want diere sien dit nie raak nie.

Diere sien jou vir hoe jy voel, wat jy doen, en hoe jy met jou gesin werk.

Eenvoudige dinge. Ons herbou onsself tot eenvoud, herwin liefde, geloof en gesonde verstand.

4 Ons moet juis in die huidige tyd positiewe dinge sien. Ons moet ’n mens sien wat skeppend is, ’n immigrant wat die wêreld verander. Ek kom van Mexiko en net om te sien immigrante kan ’n verskil maak, is tans uiters belangrik.

Die belangriks­te rede is dis vir 5 kinders. Hierdie reeks is vir die hele gesin geskik. Ek wil seker maak kinders kyk daarna, want hulle moet van “eerlikheid, integritei­t, lojaliteit” hoor. Hulle moet hoor van “vertroue, respek, liefde”. Hulle moet hoor van “oefening, dissipline, toegeneent­heid”. Hulle moet hoor van “reëls, grense, beperkings”. Hulle moet hoor van “verbinteni­sse, kommunikas­ie, verhouding­s”. Hulle moet van groot formules hoor.

Of kyk die reeks net vir die hondjies. Hulle is wonderlik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa