TV Plus (Afrikaans)

Hiel, Cesar!

Cesar Millan rig honde af om ’n beter lewe te lei, een mens op ’n keer.

-

Jy wou ’n wollerige baba hê, maar het ’n hond uit die hel gekry. Jou viervoetig­e beste vriend was dalk jou emosionele anker reg deur die pandemie, maar die knaende, krappende, grouende, blaffende, bytende klein maniak put jou uit, veral wanneer die vredige uitstappie­s waarvan jy gedroom het Die Wandeling Van Skaamte word.

Hou vas aan jou leiband, want die oorspronkl­ike Dog Whisperer (20042012), Cesar Millan, is terug, en takel die moeilikste gevalle om aan te toon hoe troeteldie­r-ouers en hul honde weer in vrede kan lewe in sy splinternu­we reeks van 10 episodes, Cesar Millan: Better Human Better Dog, Vrydae op Nat Geo Wild (*182) om 18:00.

Maar jy het nie ’n hond nodig om iets uit die reeks te leer en dit te geniet nie. “Jy sal ’n natuurlike, eenvoudige en diepgaande uitkyk op die lewe verkry,” sê Cesar, wat vir bykans 30 jaar al met diere werk. gelei het. Hy het groot smart en vrees ervaar! En helaas ook ’n motorongel­uk. Die ou het met al hierdie goed geworstel, dus het die hond (’n pitbull genaamd Goliath) beskermend oor hom geraak en toe die ou ’n toeval kry en die paramedici hom wou help, wou die hond hulle nie inlaat nie. Ek het die hond se lojaliteit verander en van hom ’n dienshond gemaak. En aan die eienaar het ek gesê: “Luister, ons gaan jou sterk maak sodat jou energie terugkeer tot ‘kalm, selfversek­erd, liefdesgel­uk’.” Ons moet jou weer opbou ongeag wat in die verlede gebeur het. So gou soos dit gebeur het, was die hond ontspanne en die mens het ’n beter manier gevind om in vrede te leef. Hoeveel tyd het jy met die honde deurgebrin­g in daardie klein intense tydraamwer­k wanneer jy van die skerm af met hulle gewerk het? Die uitdaging daarin is dit is ’n TV-reeks. Ek het net weke tyd. Wanneer ’n hond na my toe kom, is ek 24/7 by hom. Ek bestudeer die hond, van hoe hy slaap tot hoe hy wakker word. Hoe reageer hy wanneer hy iets hoor? Ek moet hom absoluut die hele tyd dophou. Jy moet die hond se gewoontes verstaan om dit te kan verander.

 ??  ?? Cesar Millan (links) rig sy kliënte sommer saam met hul honde af.
Cesar Millan (links) rig sy kliënte sommer saam met hul honde af.
 ??  ?? In episode 10 help Cesar (regs) ’n paartjie wie se Australies­e herdershon­d se skeidingsa­ngs hulle tuis hou.
In episode 10 help Cesar (regs) ’n paartjie wie se Australies­e herdershon­d se skeidingsa­ngs hulle tuis hou.
 ??  ?? In episode 4 help Cesar ’n familie van noodhelper­s om beheer oor hul trop pitbulls te herwin.
In episode 4 help Cesar ’n familie van noodhelper­s om beheer oor hul trop pitbulls te herwin.
 ??  ?? Cesar se seun Andre help ’n hond om basiese vaardighed­e aan te leer by die gesin se Dog Psychology Center.
Cesar se seun Andre help ’n hond om basiese vaardighed­e aan te leer by die gesin se Dog Psychology Center.
 ??  ?? Hallo daar! Cesar is opgewonde om in episode 5 met die Mexikaanse honderas xoloitzcui­ntli te werk.
Hallo daar! Cesar is opgewonde om in episode 5 met die Mexikaanse honderas xoloitzcui­ntli te werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa