TV Plus (Afrikaans)

Korea op TV

Raak jy ook verlief op die vlaag Koreaanse programme op ons skerms? Nou kan jy hulle ook op Showmax stroom met gatskopkyk­stof uit Korea.

-

Korea is dalk nie die eerste ding waaraan jy dink wanneer jy “wêreld-TV- gier” hoor nie, maar dié klein Asiatiese land het ’n aanhang reg oor die wêreld wat na sy produksies smag. Of dit ’n fantasties­e TV-reeks is oor ’n god wat op ’n mens verlief raak, of ’n fliek oor ’n hebsugige familie, Koreaanse programme is smaakvol. En nou kan jy hulle op Showmax stroom.

PARASITE (2019)

Dié donker komedie het die 92ste Jaarlikse Academy Award vir die beste fliek, beste regisseur, beste oorspronkl­ike draaiboek en die beste internasio­nale vollengtef­liek (wenner van die eerste nie-Engelse beste fliek) gewen en vertel van ’n arm swendelaar­gesin wat toegewyde parasiete is. Die Kims bly in ’n kelderverd­ieping – dis al wat hulle as pizzaboksv­ouers kan bekostig – wanneer hulle die Parks ontmoet, ’n ryk maar oningeligt­e familie wat nie rêrig skerp is nie. Die Parks word mislei om ’n vriend van die Kims te huur wat voorgee om ’n Engels-onderwyser te wees en hulle betaal hom ’n fortuin.

Die Kims kan sien hoe hul geluk voor hul oë verander, en die hele Kim- gesin spring op die wa en kul, fop en manipuleer hul pad tot in die Parks se huis met vals kwalifikas­ies, vals geloofsbri­ewe en vals verwysings wat nie opgevolg word nie. Voor hulle besef, is hulle net so sleg soos die Parks. Wanneer die Parks gaan kamp, neem die Kims oor en leef soos die rykes en beroemdes, en gee voor die Parkherehu­is is hul eie. Daar is een probleem: Een van die Parks het iets by die huis vergeet en betrap die Kims wat letterlik in hul klere rondpronk . . .

• Daar gaan twee opvolgflie­ks en ’n televisier­eeks vir dié fliek wees.

 ??  ?? Die Kims is moeg van pizzabokse vou en ’n smerige bestaan voer in die donker komedie Parasite (2019).
Die Kims is moeg van pizzabokse vou en ’n smerige bestaan voer in die donker komedie Parasite (2019).
 ??  ?? Die Kims geniet hul nuwe lewe al is dit op leuens gebou.
Die Kims geniet hul nuwe lewe al is dit op leuens gebou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa