TV Plus (Afrikaans)

Vervreemdi­ng, verlange en droogte

Drie broers en hul pa op soek na vrede.

-

Nêrens, Noord-Kaap

Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00 (begin 31 Augustus)

Drie vervreemde broers, Frans (Geon Nel, Veerman Charon oftewel die Dood van 2017 in Die Boekklub, 2016-2021), Ronnie (Albert Pretorius, Rikus in 2017 Die Boekklub) en Andries (De Klerk Oelofse Lourens van 2017 in Die Boekklub), vind die kronkelpad terug na hul wewenaar-pa Lourens Adendorff (Frank Opperman, Pottie in Die Uwe, Pottie Potgieter,

2010) wat op die familiepla­as Nêrens iewers in die droogteget­eisterde NoordKaap woon.

Talle geheime en hartseer – en die waarheid oor hul ma, Katja (Tinarie van Wyk-Loots, Lara in Fynskrif, 2018-2020) se dood – moet ontrafel word, en almal wil weet wat gebeur het.

GEWONE VERHAAL

Nico Scheepers, skepper, mede-regisseur en draaiboeks­krywer, sê almal sal met die storie kan identifise­er. “Talle van ons het al verbrokkel­ende verhouding­s gehad, is onvergenoe­gd en vervreemd van iemand in ons lewe. Ek dink die magic lê baiekeer in die alledaagse en eerlike stories opgesluit. Die storie is ook universeel omdat dit oor menseverho­udinge gaan.”

Nico sê mans weet dikwels nie hoe om met mekaar te praat nie en dit kan tot gebroke verhouding­s lei. “Die oorhoofse tema van hierdie dramareeks is: Hoekom hunker ons altyd na die verlede? En hoe beweeg jy vorentoe en begrawe jou verlede as hartseer al is wat jy van iemand oorhou?” voeg hy by.

Nico het self op ’n plaas grootgewor­d. “Ek wou ’n storie skryf wat gaan oor plaasmense en hoe hulle met die wêreld praat. So baie Suid-Afrikaners woon in stede, maar talle se erfenis lê steeds in grond.” sê hy.

VUURDOOP VIR TELEVISIE

Nêrens, Noord-Kaap was eers ’n teaterprod­uksie wat in 2017 vol sale getrek en hartsnare geroer het, en Nico het dit vir TV verwerk.

“Verhoog en televisie is twee verskillen­de mediums. Dit verskil soos verf en musiek maak,” verduideli­k hy. “Dit is amper soos om ’n boek in ’n rolprent te verwerk.”

Die hele struktuur van die verhoogstu­k verskil hemelsbree­d van die TVreeks. “Die verhoogdra­ma het eintlik uit drie monoloë bestaan, dit is die drie

inner voices van die drie broers. Daar was ook net drie karakters – die broers op die verhoog.

“Vir die TV-reeks moes ek die storiewêre­lde van die broers uitbou en talle karakters bywerk, maar hulle moes steeds by dieselfde katarsis uitkom,” vertel hy.

“Dit was ’n ingewikkel­de proses en ek was bang omdat ek nog nooit voorheen so ’n uitdaging aangepak het nie, maar uiteindeli­k was dit net groot pret.”

Die dramareeks strek oor drie geslagte en hy moes dus verskeie nuwe jong akteurs, van wie vier groot rolle vertolk, gebruik. “Ek is baie opgewonde oor die nuwe, jong talent. Sowat 300 seuns het oudisies gedoen. Ons wou uit die staanspoor nie kinders kies wat al voorheen op die verhoog of voor die kamera was nie, want ons wou hê hulle moet baie natuurlik op die skerm oorkom,” sê hy.

Wat die hoofrolle betref, was hy baie in sy noppies dat De Klerk, Albert en Geon – wat ook in die toneelstuk gespeel het – vir die verfilming van die reeks beskikbaar was. “Al drie het hulle al so in hul drie onderskeie karakters op die verhoog ingewortel. As hulle nie beskikbaar was nie, sou dit vir my gevoel soos om nie jou familie op Kersdag te hê nie.

“Ons was ook baie in ons skik om ’n gesoute akteur soos Frank vir die rol van die pa te kry.”

 ??  ?? De Klerk Oelofse vertolk die rol van Andries, die jongste seun, wat die wêreld plat reis.
De Klerk Oelofse vertolk die rol van Andries, die jongste seun, wat die wêreld plat reis.
 ??  ?? Dean Balie is te sien as Jan-Jan, die voorman op die plaas Nêrens, waar talle geheime en hartseer begrawe is.
Dean Balie is te sien as Jan-Jan, die voorman op die plaas Nêrens, waar talle geheime en hartseer begrawe is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa