TV Plus (Afrikaans)

ONTMOET DIE HOOFKARAKT­ERS

-

LOURENS ADENDORFF (FRANK OPPERMAN)

Lourens is ’n wewenaarbo­er en die patriarg van hierdie dorre koninkryk, maar is ’n kluisenaar en steek skaars sy neus by sy sandsteenh­uis uit. “Lourens is depressief en sommer lekker bedonnerd. Sy verhouding met sy drie seuns het oor die jare verbrokkel en hy weet nie hoe om dit te herstel nie,” vertel Frank.

FRANS ADENDORFF (GEON NEL)

Frans is die oudste van die drie broers, enkellopen­d en bestuurder op die plaas, maar hy en sy pa kommunikee­r maar min. “Frans is ’n boer in murg en been, maar hy voel hy het eintlik baie in die lewe misgeloop,” sê Geon. Frans droom van kleinsaf oor dinge wat hy nie verstaan nie en die lewe se uitklophou­e het baie van sy hoop laat verdamp. “Hy leef in ’n droomwêrel­d en weet dikwels nie hoe om werklikhei­d en drome te onderskei nie.”

RONNIE ADENDORFF (ALBERT PRETORIUS)

Ronnie was nog altyd die moeilikhei­dmaker en het gereeld poetse gebak. Hy bly in Milnerton in die Wes-Kaap en probeer vlug van sy verlede. Hy is die swartskaap, vertel Albert, en sy verhouding met sy pa is kompleks.

“Sy huwelike en sy besighede vou. Die enigste groot lig in sy lewe is sy seun, Lourens (Arnold Swart, ’n nuweling). En sy pa het nog altyd gedink Ronnie is ’n mislukking,” sê hy.

ANDRIES ADENDORFF (DE KLERK OELOFSE)

Andries is die jongste en het as kind vir ure saam met sy ma van ver plekke gedroom wanneer hulle die aardbol beloer het. “Hy vervul nou sy drome deur die wêreld vol te reis. Hy vertrou sy pa, maar omdat sy pa nie sy beloftes nakom nie, het hy ná skool sy rugsak gepak en hy en sy pa het heeltemal uitmekaar gedryf,” vertel De Klerk. “Hy kan nes sy twee broers nie oor hul ma se dood kom nie en probeer om sy wonde deur middel van sy omswerwing­e te heel.”

MAGGIE BUYS (ILSE KLINK)

Maggie werk in die plaashuis. “Sy het vir Katja op haar sterfbed belowe sy sal na Katja se gesin omsien, maar in die proses verwaarloo­s Maggie haar eie gesin,” vertel Ilse. Sy is die tipiese ma-figuur, voeg sy by. “Sy is liefdevol en het ’n goeie verhouding met die seuns. Sy weet soms meer van die seuns se doen en late as wat hul pa weet. Maggie is streng en hou ook ’n wakende oog oor Lourens.” (Ons ken Ilse as Dorothy in Arendsvlei, 2018-nou, lees meer op ble. 24 en 25.)

Ander akteurs sluit in Shana Mans as Lorrie (Rachel in die rolprent Dust, 2020), Dean Balie (Slappies in die reeks Ekstra Medium, 2020) as die voorman Jan-Jan, Melissa Willering (Chrissie van 2019 in Getroud Met Rugby, 2016-nou, lees meer op ble. 28, 29 en 30) as Fleur van der Meer en Natalie Robbie (Sarah in die grufliek Monster Island, 2019) as Shannon Scott.

 ??  ?? Geon Nel (links) speel Frans, Albert Pretorius (middel) is Ronnie en De Klerk Oelofse (regs) is Andries. Dié drie vervreemde broers herenig op hul pa se plaas.
Geon Nel (links) speel Frans, Albert Pretorius (middel) is Ronnie en De Klerk Oelofse (regs) is Andries. Dié drie vervreemde broers herenig op hul pa se plaas.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa