TV Plus (Afrikaans)

Die dokter is aan diens

The Good Doctor raak dié seisoen persoonlik en sensitief.

-

The Good Doctor

Seisoen 4 Maandae M-Net (*101) 21:00 (begin 30 Augustus)

Daar is ’n alte bekende gevoel van angs en versmoring wat jou oorval wanneer jy na die loodsepiso­de van seisoen 4 van die mediese dramareeks The Good Doctor (2017-nou) kyk. Die seisoen begin met ’n kort boodskap wat die noodwerker­s huldig en vir die kykers sê: “Doen jou deel. Dra ’n masker.” Dis ’n hartseer en kragtige begin wat jou voorberei vir wat gaan kom. Dr. Shaun Murphy (Freddie Highmore, Norman Bates in die rilreeks Bates Motel, 2013-2017) en die res van die mediese personeel by die San Jose

St. Bonaventur­e-hospitaal veg teen die Covid-19-pandemie wat die wêreld in ’n ystergreep het, en dit kan nie vermy word nie, selfs nie eens vir die outistiese geleerde dokter nie.

MEER AS NET OUTISME

In dié episode wat emosioneel sy tol op almal eis, is dit moeilik om te sien hoe die byna robotagtig­e dr. Shuan sy gevoelens gaan uitdruk. Maar Freddie sê sy karakter se ontwikkeli­ng gaan juis daaroor om ook soms dié tipe emosies te wys. Freddie verduideli­k Shaun is nie net ’n eendimensi­onele “persoon met outisme” nie.

“Dikwels word mense met outisme op die skerm uitgebeeld as emosieloos en net op een ding gefokus. En dis nie waar nie. Ons sien Shaun in sy oomblikke van vreugde, opgewonden­heid, tesame met die stryd wat hy voer,” sê die 29-jarige akteur.

’N NUWE GRU-GENRE

Wanneer jy sien die karakters in die reeks hoes terwyl mense daar naby staan met geen sosiale distansiër­ing nie, en nie almal dra maskers nie, verander dit skielik in ’n ander soort kykervarin­g. Om die waarheid te sê, die onderwerp van die koronaviru­s in TV-programme kan tans maklik in sy eie gru-genre verander word. En in The Good Doctor word die pandemie in die eerste episode ook nie verdoesel nie. Die reeksbestu­urder, David Shore (vervaardig­er van die mediese dramareeks House MD, 2004-2012), het geweet wat ookal in die vorige seisoen met die dokters gebeur het, moes agteruit geskuif word, want die virus kon nie geïgnoreer word nie. “Daar was ’n werklikhei­d in die wêreld wat dié dokters moes hanteer, dus het ons dit uit daardie oogpunt benader – dat hulle die gewig van die vorige seisoen dra, maar hulle kan dit nie uitsorteer voor al die ander goed (die pandemie) nie onder beheer is nie,” vertel hy.

HANTEER DIE NUWE NORMAAL

The Good Doctor is anders as ander mediese dramas, juis omdat dit die verskillen­de maniere waarop mense met mekaar skakel, verken – en dan kyk hoe die skakeling deur die pandemie geraak is, sê David. “Ek was nog altyd trots daarop dat ek my mediese programme so realisties moontlik probeer maak, maar dit het nog nooit oor die medisyne gegaan nie. Dit gaan oor die mense wat deur die medisyne geraak word,” sê hy.

En dié seisoen is nie anders nie – al die dokters stry teen die virus, asook om hul persoonlik­e lewe te balanseer. Die kykers moet vasgord wanneer hulle sien dr. Marcus Andrews (Hill Harper, Rob Emmons in die aksiereeks Homeland, 2011-2020) gaan huis toe, maar hy het geen interaksie met sy vrou nie, want hy het dalk die virus weens die lang ure wat hy in sy dubbele dubbelskof­te by San Jose werk. Hy eet sy aandete alleen en leef afgesonder van sy gesin.

Shaun se mentor dr. Aaron Glassman (Richard Schiff, Brett Anderson in die komedieree­ks Ballers, 2015-2019) steier ook weens die virus. Hy voel vasgevang en hulpeloos om van die huis af te werk, en mag nie by die hospitaal uithelp nie weens sy ouderdom en sy vorige siektes.

En dr. Alex Park (Will Yun Lee, Kovacs in die sci-fireeks Altered Carbon, 20182020) moet aan kreatiewe maniere dink om pasiënte se lewe te red en hulle te troos, al is hul diagnose donkerder as ’n reënerige dag in Julie in Kaapstad.

NET GEWONE WERK

Dis egter nie net alles somber nie – daar is ligte oomblikke in die eerste episode wat wys hoe mense ingetrek word deur die piesangbro­odgier of zoom- vergaderin­gs wat op die mees onvanpaste maniere onderbreek word. ’n Mens kan jou daarme vereenselw­ig en maak dié seisoen in die besonder fassineren­de kykstof, maar ook op ’n manier ’n openbare diens-aankondigi­ng. Dis asof ons TV-helde lewens in die program én in die ware lewe probeer red.

 ??  ?? Dr. Glassman (links) en dr. Shaun Murphy raak in dié seisoen erg gefrustree­rd weens die Covid-19-pandemie.
Dr. Glassman (links) en dr. Shaun Murphy raak in dié seisoen erg gefrustree­rd weens die Covid-19-pandemie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa