TV Plus (Afrikaans)

Dokters en dilemmas

Bid dat jy nie in die Chastain Park-gedenkhosp­itaal beland nie – die mediese span moet hopeloos te veel goed hanteer.

-

The Resident

Seisoen 2 Weekdae e.tv (*194) 20:30 (begin 1 September)

Wanneer dit kom by die daaglikse lewe van die mediese personeel by Chastain Parkgedenk­hospitaal is die oopsny van mense se liggame die maklike deel in die mediese dramareeks The Resident (2018nou). Dis die onvoorspel­bare drama en botsende persoonlik­hede wat dit moeilik maak om ’n mediese kenner te wees – en dinge gaan in seisoen 2 beslis ingewikkel­der en dodeliker raak. “Nie almal kom ongeskonde anderkant uit nie, en wat gaan gebeur, hoop ek, gaan kykers hul asem laat ophou,” sê die medeskeppe­r van die reeks Amy Holden Jones (uitvoerend­e vervaardig­er van die mediese enkelseiso­en-reeks Black Box, 2014). “Dit gaan spannend wees, en die dokters gaan tot die uiterste gedryf word.”

DUBBELE DRAMA

Teen dié tyd weet kykers wat ookal by ’n hospitaal verkeerd kan loop, gaan beslis by Chastain gebeur. Net in die eerste episode word die inrigting deur twee verwoesten­de krisisse getref. Eerstens teister die tifoon Atlanta, wat die hospitaal sonder elektrisit­eit laat en die dokters opereer letterlik in die donker. Dan probeer ’n kuberkrake­r die hospitaal tot stilstand bring. En dis net die begin van die probleme . . .

Dit het in seisoen 1 nie baie goed gegaan met die hospitaal nie, met hul hoofonkolo­og dr. Lane Hunter (Melina Kanakarede­s, speurder Bonasera in die polisie prosedurië­le program CSI: NY, 2004-2013) wat weens bedrog, mediese nalatighei­d en moord in die slotepisod­e in 2019 in boeie weggelei is. Verwag om haar nog ’n paar keer te sien voor sy dramaties in dié seisoen weggaan. Maar Lane se misdade is die minste van die hospitaal-HUB, dr. Randolph Bell (Bruce Greenwood, kapt. Pike in die sci-fi-fliek Star Trek: Into Darkness, 2013), se bekommerni­sse. Die medebestuu­rder Peter Elkoff (vervaardig­er van die sci-fi-reeks Heroes Reborn, 2015-2016) skimp oor ’n korrupsies­aak wat ’n loopbaan kan kelder, en Bell en sy vriend-vyande laat skarrel vir hul werk, pasiënte en hospitaal.

WAT’S NUUT?

Asof die besige gange van Chastain nie oorvol genoeg is nie, gaan ons ’n paar nuwelinge sien wat hulle in dié seisoen inburger. Ontmoet eerstens die hoogs gesofistik­eerde en briljante Julian Booth (Jenna Dewan, Lucy Lane vanaf 2015-2016 in die sci-fi-reeks Supergirl, 2015-nou), ’n liewe verteenwoo­rdiger wat mediese toestelle bemark en die hart van die hospitaalp­ersoneel wen. Aangedryf deur etiek kan Julian haar gou in troebel water bevind wanneer sy probeer om op die reguit pad te bly in ’n wêreld wat berug is vir korrupsie. “Soos die seisoen vorder, word sy geleidelik bewus van die gebrek aan deursigtig­heid in haar veld en besef daar wag dalk gevare in die toekoms,” waarsku Jenna.

Jane Leeves (Daphne in die sitkom Frasier, 1993-2004) sluit ook by die mediese span aan as die praktiese, ortopedies­e chirurg Kit Voss. Terwyl Kit die geslepe dr. Bell regdeur die seisoen op sy tone hou, bring sy ook ’n redelike hoeveelhei­d humor na die reeks. “Bell geniet dit saam met haar. Sy drink ’n whiskey saam met hom en vertel hom alles reguit,” verduideli­k Jane. “Ek’s dol oor dié karakter!”

ROMANSE

“Maar wat van romanse?” hoor ons jou skreeu. Daar gaan baie daarvan wees wanneer ons sien hoe die aantreklik­e hoofreside­nt Conrad Hawkins (Matt Czuchry, Logan vanaf 2004 in die dramediere­eks Gilmore Girls, 2000-2007), wat protokol minag, en sy aanaf-verpleegst­er-minnares Nic Nevin (Emily VanCamp, Emily in die raaiselree­ks Revenge, 2011-2015) sin probeer maak van die lewe, liefde en morele dilemmas. Verwag ook om te sien hoe die oordrewe kortaf chirurg Mina Okafor (Shaunette Renée Wilson, Stephanie Reed in 2017 in die dramareeks Billions, 2016-nou) die buierige kardiotora­kale spesialis AJ Austin (Malcolm-Jamal Warner, Malcolm in die sitkom Malcolm & Eddie, 1996-2000), wat ons vlugtig in seisoen 1 gesien het, onder haar vlerk neem en dalk ook in haar bed.

 ??  ?? Die astrante chirurg AJ (middel) gaan die hoof-resident Conrad (regs) op sy tone hou.
Die astrante chirurg AJ (middel) gaan die hoof-resident Conrad (regs) op sy tone hou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa