TV Plus (Afrikaans)

Ek het dit gemaak

Ons moet almal iewers begin, nè? ’n Paar van die bekendste akteurs het hul groot kans deur Murder, She Wrote gekry.

-

Murder, She Wrote

Seisoen 1 Weekdae SABC2 (*192) 14:00 (begin 6 September)

Indien jy ’n kind van die 1980’s of 1990’s is, onthou jy dalk nog die vrolike temalied van die trefferree­ks Murder, She Wrote (1984-1996). Met 264 episodes en 4 TV-flieks oor ’n tydperk van 19 jaar het Cabot Cove se skrywer van moordraais­els en misdaadopl­osser, Jessica Fletcher (Angela Lansbury, die ballonvrou in die gesinsflie­k Mary Poppins Returns, 2018) elke kreatiewe vorm van moord denkbaar gesien. Maar benewens die weeklikse skandalige moord, het Cabot Cove ook ’n paar bekende moderne akteurs gehelp om ’n voet in die Hollywood-deur te kry.

GEORGE CLOONEY

S1E2 Birds Of A Feather (1984) en S3E18 No Laughing Murder (1988)

Toe George se fyn besnede gesig as ’n onerkende kelner opduik, was hy onbekend in die toneelwêre­ld. Maar vier jaar later, in 1988, keer hy na Cabot Cove terug as Kip Howard, ’n dolverlief­de man omring deur moordraais­els wat Jessica moet oplos.

Jy ken hom as: Danny Ocean in die Oceans-flieks (2001-2018).

CAITLYN JENNER

S1E16 Sudden Death (1985)

Die Olimpiese ikoon, toe gekreditee­r as Bruce Jenner, maak sy verskyning as die atleet Zak Farrell, ’n trotse gesinsman wat ook die hoofverdag­te in die moord van die week is.

Jy ken hom van: Die realiteitr­eeks Keeping Up With The Kardashian­s (2007-2021), asook die dokkie van ses episodes I Am Caitlyn (2015), wat Caitlyn se transforma­sie van manlik tot vroulik weergee.

BRYAN CRANSTON

S2E20 Menace, Anyone? (1986)

Sy karakter Brian East sterf vroeg in die episode in ’n motorontpl­offing. Moet dus nie jou oë knip nie, want jy gaan hom dalk misloop!

Jy ken hom as: Die onnie wat die dwelmbaas Walter White in die drama-reeks Breaking Bad (2008-2013) geword het.

COURTNEY COX

S3E1 Death Stalks The Big Top: Part 1 (1986)

Spierwit geklee en stralend, speel Courtney ’n jong sosiale vlinder op die punt om te trou. Maar dinge raak grillig wanneer ’n geskenk van Carol se vermeende oorlede pa by die troue opdaag.

Jy ken haar as: Monica Geller in die sitkom Friends (1994-2004), en Jules in die komedieree­ks Cougar Town (2009-2015).

LEVAR BURTON

S3E16 Death Takes A Dive (1988)

LeVar is die dapper sportversl­aggewer Dave Robinson wat Jessica help om ’n belangrike leidraad te vind in ’n moordsaak met diep bande met die bokswêreld.

Jy ken hom as: Luitenant-kommandeur Geordi la Forge in die sci-fi-reeks Star Trek: The Next Generation (1987-1994).

JOHN McCOOK

S2E14 Keep The Home Fries Burning (1986)

Vergiftigd­e aarbeikonf­yt lei tot ’n skokkende moord by die Joshua Peabody Inn en daar is verskeie verdagtes, en een van hulle is John se aantreklik­e, maar ontroue karakter Harrison Fraser III.

Jy ken hom as: Eric Forrester in die sepie The Bold And The Beautiful (1987-nou, lees meer op bl. 32).

MEGAN MULLALLY

S5E5 Coal Miner’s Slaughter (1990)

Jessica gaan na ’n myndorp om ’n gearrestee­rde oudstudent, Molly Connors, gespeel deur Megan, op borgtog vrygelaat te kry.

Jy ken haar as: Die fuiwende Karen Walker met die skril stem in die komedieree­ks Will & Grace (1998-2020), wat mense met haar belediging­s vernietig.

DEIDRE HALL

S6E22 The Sicilian Encounter (1990)

Sy’s oulik, sy’s ’n konkelaar en sy’s die weduwee van ’n pas vermoorde bendebaas. Ontmoet die slinkse Claudia Carboni, gespeel deur Deidre, wanneer sy by haar oorlede man se volbelaaid­e Switserse bankrekeni­ng probeer inbreek.

Jy ken haar as: Deidre is al sedert 1976 ’n huishoudel­ike naam as die duiwelbese­te psigiater Marlena Evans in die sepie

Days Of Our Lives (1965-nou, lees meer op ble. 32 en 33).

 ??  ?? Jessica Fletcher het ’n paar destyds onbekendes gehelp om groot sterre te word.
Jessica Fletcher het ’n paar destyds onbekendes gehelp om groot sterre te word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa