TV Plus (Afrikaans)

Nóg ’n Koster-baba?

Delia is swanger en die Kosters wil weet wie is die pa!

-

Delia (Odelle de Wet) is in die sop! Nadat sy vroeër in Augustus in die Binneland-kliniek flou geword het, weet kykers nou sy is swanger. Maar wie is die pa? Is dit ’n Kosterbaba? Conrad (Hykie Berg), die HUB van Binneland en Delia was immers in Junie nog in ’n verhouding voor hy besef het sy hart behoort aan sy vorige meisie, die sekretares­se Tracy (Melinda Brink). Of is die pa iemand wat niks met die Kosters te doen het nie?

Delia is nie van plan om oop kaarte te speel oor wie die pa van haar baba is nie, en sy gaan verseker nie die magtige Kosters haar laat stoomrolle­r nie. Maar soos kykers die Koster-patriarg, At (Hans Strydom), ken, gaan hy dit ook nie net daar los wanneer hy uiteindeli­k uitvind nie. At is fanaties oor familie, en as daar ’n kans is dat dit sy kleinkind is, gaan hy dit weet.

DELIA LAAT HAAR NIE VOORSÊ

Conrad wonder self wie die pa is en plaas druk op Delia om ’n vaderskapt­oets te laat doen. “Delia is nie daarvoor te vinde nie, en maak dit duidelik dat niemand haar gaan dwing om enigiets te doen wat sy nie wil nie,” sê Odelle.

Intussen probeer Conrad vir Tracy, wat al die gebeure vanuit die agtergrond aanskou, gerusstel en sê hy dink nie hy is die pa van Delia se kind nie, maar gaan dit Tracy se vrese sus?

IS MALAN DALK DIE PA?

Later kom At – wat steeds nie weet

Delia is swanger nie – agter daar is krapperigh­eid tussen Conrad en Delia, en vaar uit wanneer Conrad nie vir At wil sê wat hom pla nie. In sy woede sê At hy sal nooit verstaan wat Conrad of Malan (Paul du Toit) – sy ander seun wat in 2015 oorlede is – in Delia sien dat hulle verhouding­s met haar wou hê nie.

“At se woorde herinner Conrad aan die embrio – met Delia se eiersel en Malan se sperm – wat Delia destyds voor Malan se dood laat vries en opberg het,” sê Odelle.

Conrad wonder of Delia die embrio laat inplant het, en sonder om tyd te mors, konfrontee­r hy Delia daaroor. “Delia ontken Malan is die pa van haar baba,” sê Odelle. “Sy herinner Conrad aan die brand wat in 2018 uitgebreek het in die Southern Hope-hospitaal se laboratori­um waar die embrio opgeberg was. Sy sê die embrio het in die vlamme vergaan.” Maar is dit die waarheid? Of het Delia op een of ander manier die embrio voor die brand verskuif en dit iewers in die geheim versteek?

TERTIUS ONDERSTEUN DELIA

Conrad is nie oortuig Delia is eerlik oor die embrio-storie nie, en vra At se handlanger Piet (Deon Coetzee) om uit te vind wat die waarheid is. Conrad wil graag weet wie werklik die pa is voor hy sy eie pa met die nuus ontstel. Intussen vertel Delia aspekte van haar swangerska­p aan haar vriend dr. Tertius (Reynardt Hugo) wat haar in dié tyd ondersteun, terwyl Conrad en kie haar teister en bly snuffel vir antwoorde. “Tertius en Delia se vriendskap verdiep, want hy plaas nie druk op haar soos Conrad-hulle nie,” sê Odelle. “Hy luister na haar en sê nie vir haar wat om te doen nie, en dit waardeer sy baie.”

PLAN OM WEG TE KOM

Delia probeer fokus op haar toekoms en om uit Pretoria te kom, maar haar planne val deur die mat wanneer sy hoor sy het nie die werk in Aboe Dhabi gekry nie. “Dis ’n groot teleurstel­ling,” sê Odelle. “Dit was haar kans om weg te kom van die Kosters af en in rus en vrede te lewe, maar nou is dit nie meer vir Delia ’n opsie nie.”

At probeer weer antwoorde uit Conrad kry oor wat met Delia aan die gang is, en omdat Conrad nie meer die waarheid van At kan weerhou nie, sê hy uiteindeli­k vir At Delia is swanger.

AT OP DIE OORLOGSPAD

At is hoogs ontsteld oor Delia se swangerska­p, want hy meen ook sy verwag waarskynli­k ’n Koster-baba. Hy konfrontee­r haar en laat haar mooi verstaan sy kan nie die waarheid oor wie die pa is vir ewig wegsteek nie.

Moedeloos en emosioneel vra Delia vir Tertius om saam met haar na die ginekoloog te gaan. “Haar emosies is ’n warboel ná die At-konfrontas­ie en sy voel sy het ’n vriend nodig,” sê Odelle.

Dan hoor At via Piet wie die pa is (ons mag dit nie verklap nie, kyk self!), en in daardie oomblik verander At se gesindheid jeens Delia drasties. “Nou ondersteun hy haar swangerska­p en haar planne om die ongevalle-afdeling in Binneland uit te brei,” sê Odelle. Delia vertrou nie die vrede nie. Wat voer At in die mou? • Lees meer op bl. 43.

 ??  ?? Conrad (regs) wag tot Delia klaar is met haar foonoproep voor hy haar oor haar swangerska­p konfrontee­r.
Conrad (regs) wag tot Delia klaar is met haar foonoproep voor hy haar oor haar swangerska­p konfrontee­r.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa