TV Plus (Afrikaans)

’n Dokter wat sy man staan

Zane Meas gaan as dr. Brandon Samuels meer gereeld in die Binneland-kliniek gesien word.

-

Dis tyd vir nuwe lewe in die Binneland-kliniek, en dr. Brandon Samuels (Zane Meas, Clyde in seisoen 2 en 3 van die dramareeks Fynskrif, 2018-2020) is net die regte medisyne

– of dit is minstens wat drs. At (Hans Strydom) en sy seun Conrad (Hykie Berg) dink. Brandon se navorsing oor MIV het hulle baie beïndruk, en met dr. Elana (Ilne Nienaber) se afsterwe in Julie, is haar pos in Binneland se raad oop, en Elana se aandele is ook beskikbaar. At en Conrad meen Brandon is die perfekte kandidaat om Elana se skoene vol te staan. Maar kan Conrad en At hom oorreed om na Pretoria te verhuis, deel te word van die raad, en sy praktyk te verskuif?

GEEN REAKSIE

“Brandon is ’n man wat nie nonsens vat nie,” sê Zane. “Hy is ’n dokter wat sy man staan, en bekyk eers ’n situasie goed voor hy besluit of hy homself daaraan wil blootstel of enigsins betrokke wil raak.”

Brandon wys ook nie sommer sy emosies nie en is dus onleesbaar wanneer At en Conrad vir hom die raadsposis­ie en aandele aanbied. “Brandon is heimlik gevlei en beïndruk deur die aanbod,” sê Zane. “Maar hy hou sy kaarte naby sy bors en sê vir At en Conrad hy sal dit oorweeg.”

TOG ’N GOEIE SKUIF

Brandon is nie haastig nie en net wanneer Conrad en At dink hy stel nie meer belang nie, laat weet Brandon hulle hy aanvaar die pos. “Dis ’n goeie skuif vir Brandon,” sê Zane. “Met Binneland se geld en hulpbronne kan sy MIV-navorsing ’n goeie hupstoot kry, en boonop is Brandon dan nader aan sy dogter, die verpleegst­er

Chanel (Lindsey Abrahams), vir wie hy baie lief is. En nou kan hy ’n ogie oor haar hou.”

Brandon onderteken byna dadelik sy kontrak en die ander raadslede verwelkom hom amptelik.

 ??  ?? Brandon voel gevlei om deel van die Binneland-familie te word.
Brandon voel gevlei om deel van die Binneland-familie te word.
 ??  ?? Conrad (links) en At (regs) bied Brandon (middel) ’n pos in die raad aan.
Conrad (links) en At (regs) bied Brandon (middel) ’n pos in die raad aan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa