TV Plus (Afrikaans)

Die laaste van oom Okkie

Okkie stamp koppe met die nuwe bure en Ben Kruger se allerlaast­e tonele in Binnelande­rs.

-

Dis steeds onwerklik om te dink die veteraanak­teur Ben Kruger is onlangs weens Covid-19 oorlede. Dit was vreemd maar vertrooste­nd om hom steeds as oom Okkie Ferreira in die sepie Binnelande­rs (2005-nou) te sien. Nou word sy heel laaste tonele uitgesaai en groet ons finaal.

’N GROOT LAWAAI!

Okkie vermoed die nuwe bure wat langs die Ferreiras ingetrek het, is plakkers, maar sy vrou, Ilse (Hannelie Warren), en dogter, Naomi (Je-ani Swiegelaar), stem nie saam nie en sleep hom langsaan om die nuwe intrekkers te verwelkom. “Rex (Jacques Adriaanse, ’n nuweling) en Wayne (Garion Dowds, Matthew in die dramareeks Still Breathing, 2020-nou) is jong latte en sê hul ouers is nog op pad met die laaste van die trek,” sê Je-ani. Okkie is verheug om te hoor die bure is nie plakkers nie, maar hy vat hulle vinnig vas wanneer hulle daardie aand ’n groot lawaai opskop met ’n wilde partytjie terwyl Okkie aan ’n voorleggin­g werk om Tonik (sy koffiewink­el by die Binneland-kliniek) se kontrak te hernu.

KAKKERLAK-WRAAK

Ontsteld gaan Okkie na die bure, en Okkie, Rex en Wayne het ’n warm woordewiss­eling. “Rex en Wayne is omgekrap omdat Okkie hulle uitgetrap het, en uit wraak gaan hulle na die Ferreira-huis met ’n bottel vol kakkerlakk­e en laat die goggas in die huis vry,” verklap Je-ani.

Okkie het sy hande vol om die kakkerlakk­e uit die huis te kry en hy sukkel om sy voorleggin­g klaar te maak. “Naomi en tannie Ilse is bekommerd oor die druk op Okkie en vra Louis (Germandt Geldenhuys), Naomi se man, om hand by te sit met Okkie se voorleggin­g,” vertel Je-ani.

OKKIE TREE AF IN DIE VRYSTAAT

Kort voor lank maak Rex en Wayne nóg moeilikhei­d wanneer hulle Louis se kar se bande stukkend steek nadat Okkie hulle weer oor hul geraas vasvat. “Verder saboteer hulle Okkie ook by Tonik deur met die kos daar te peuter,” vertel Je-ani. Midde-in die chaos kry Okkie nóg slegte nuus: Sy seun, Boeta (Eduan van Jaarsveldt), wat tans oorsee verkeer, bel en vra of Okkie dringend na die Vrystaat kan ry om met ’n probleem by Boeta se huis te help. Okkie beland in ’n ongeluk en moet dan by ’n sorgsentru­m aansterk. En net daar besluit Okkie dis tyd om skoene uit te skop en in die Vrystaat af te tree.

Binneland gaan beslis armer wees sonder oom Okkie. Rus sag, Ben Kruger!

 ??  ?? Die nuwe bure, Wayne (links) en Rex (regs), krap Okkie (inlas) om.
Die nuwe bure, Wayne (links) en Rex (regs), krap Okkie (inlas) om.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa