TV Plus (Afrikaans)

Wie is Lennie?

Ingrid het planne om hom én die boksklub te misbruik.

-

Dann-Jaques (DJ) Mouton (tot verlede jaar Justin in 7de Laan, 2000-nou, lees meer op bl. 32) sluit by die Arendsvlei-span aan in die rol van Lennie – en hy sorg met die intrapslag vir drama. Lennie het ’n boksklub wat deel is van die kerk. Die booswig Ingrid van

Schalkwyk (Rehane Abrahams) ontmoet hom by die kerk en begin dadelik planne beraam oor hoe sy hom kan gebruik. Ingrid, wat enkele weke gelede vrygespree­k is op drie aanklagte van moord – bloot deur haar slinkse planne en toutjies te trek – het beslis nie van streke verander nie. Die hele kerk-vroomheid is net ’n rookskerm, en dit lyk of Lennie presies in haar plannetjie­s kan pas . . .

NUWE HOOFKANTOO­R

“Ingrid wil die boksklub haar nuwe hoofkantoo­r maak, vanwaar sy haar bose bedrywighe­de kan voortsit,” sê Rehane. “Lennie ken nie vir Ingrid nie en eintlik is die boksklub ’n above

board- boksklub. Ingrid is eintlik die een wat haar neus in sake steek waar dit nie hoort nie. Ingrid is besig om aan die gemeenskap te bewys sy het verander, maar hoe ken kykers haar?”

By die boksklub ontmoet sy ’n ander interessan­te karakter, Ronnie le

Fleur (Dean Winston van der Ventel, ’n betreklike nuweling) wat haar meer van Lennie se verlede vertel. En sy kry ’n idee om haar agenda deur te voer sonder dat Lennie weet sy is besig met iets onderduims. “Ingrid maak ’n aanbod aan Lennie wat hy nie kan weier nie,” voeg sy by.

Dinge gaan tans maar sukkel-sukkel by die boksklub, dus wanneer Ingrid vir Lennie vertel sy kan hom help om meer geld te maak – deur die gebruik van die inligting wat sy oor sy bedenklike verlede bekom het en dat hy self kan boks – stel hy dadelik belang. Hy ken nie Ingrid se skelmstrek­e nie – vir hom is sy net iemand wat by die gemeente betrokke is.

LENNIE SE VERLEDE

Lennie is onbewus van die moeilikhei­d wat hy in sy bokslub innooi. DJ sê hy dink Lennie is “eerlikwaar ’n goeie ou wat in die verlede in die moeilikhei­d beland het”. Maar hy het sy misdade laat staan “en wil net sy ding in vrede doen. Hy was nog altyd in Arendsvlei, ons ontmoet hom nou omdat Ingrid by die kerk betrokke is en sy soek na ’n nuwe uitdaging.”

Lennie ken van vuisswaai en was in sy verlede betrokke by ondergrond­se boksgevegt­e. “Hy was die een om te beat en baie gewild in die undergroun­d

boxing- kringe. Hy was deel daarvan omdat dit vir hom ’n maklike manier was om geld te maak. Toe iets drasties in sy verlede gebeur en hy in die tronk beland het, het hy sy lewe omgekeer en Jesus gevind. Toe hy uit die tronk kom, het hy dadelik by die kerk aangesluit en ’n boksklub begin. Lennie is geensins geïnteress­eerd om enige iets

dodgy te doen nie. Hy het betaal vir sy dade en werk baie hard om aan die goeie kant te bly.”

EERSTE BOKSGEVEG

Ingrid oorreed Lennie om te veg teen iemand uit sy verlede, ene

Bekker Die Breker (Ashley Kamfer, ’n betreklike nuweling), Lennie se aartsvyand, wat ’n appeltjie met Lennie te skil het. Lennie wil eintlik niks meer met daardie mense te doen hê nie, maar Ingrid oortuig hom alles sal oukei wees.

Die boksgeveg vind plaas en Ingrid is in haar noppies met die wenner (ons mag nie verklap wie dit is nie, maar kyk self!). “Dit beteken Ingrid se nuwe besigheid kan goed voortgaan. Sulke goed motiveer Ingrid mos altyd net nóg meer,” sê Rehane en voeg by Ingrid besef sy kan dit beslis haar hoofkantoo­r maak, én geld uit die gevegte inkatrol.

 ??  ?? Lennie wil nie by iets onderduims betrokke raak nie, maar dit gebeur tog.
Lennie wil nie by iets onderduims betrokke raak nie, maar dit gebeur tog.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa