TV Plus (Afrikaans)

Hoekom is Emily terug in Daniel se lewe?

Tannie Emily daag onverwags op en voer beslis iets in die mou.

-

Daniel Lafras (Cantona James) se tannie Emily (Zenobia Kloppers) daag onverwags in Arendsvlei op – die einste vrou wat daarvoor verantwoor­dleik was dat Daniel in 2019 op straat beland het. Hy het by haar gewoon, maar sy en haar kêrel het een nag verdwyn met Daniel se beursgeld en al. Hy het vir lank in ’n konstruksi­epyp gebly, tot die Cupido’s hom onder hul vlerk en dak geneem het. Maar nou is Emily terug, en bloed bly maar dikker as water.

HOE HET DIT GEBEUR?

“Emily het ’n artikel van Daniel in die Arendsvlei­er raakgelees en besluit om met hom kontak te maak. Sy sê sy wil opmaak vir verlore tyd en wil kom jammer sê vir wat sy aan hom gedoen het,” sê Zenobia.

Daniel vra die Cupido’s of Emily ook by hulle kan bly, sê Cantona. “Tannie Emily is al familie wat Daniel oorhet. Bea

trice Cupido (Jolene Martin) en haar ma, Gertie (Celeste Matthews) weet hoe moeilik Daniel se verlede was, dus as hy vir ’n tydjie familie by hom kan hê, hoekom nie?”

GELD VERDWYN

Maar, voeg hy by, Emily moet omtrent werk om in Daniel se goeie boekies te kom en beïndruk die Cupido’s met ’n heerlike ontbyt. Maar nie lank daarna nie, verdwyn geld uit Beatrice se kamer. Zenobia lag en sê: “Ai, hoe ken ons vir Emily . . . ” Maar sy wil nie die aap uit die mou laat of dit wel Emily is wat die geld gesteel het nie.

AGTERDOG

Beatrice en Gertie raak kriewelrig oor Emily in die huis en stel voor sy kry haar eie plekkie, maar Emily maak seker sy bly. Beatrice kan net haar kop skud. “Om haar weg te jaag, sal ideaal wees, maar Beatrice weet Daniel sal nie sommer vir enigiets vra nie (soos dat Emily daar moet bly). As hy iets vra, het hy baie daaroor nagedink. En Daniel het geen ander bloedfamil­ie nie, Beatrice kan dus maar net hoop Emily het verander,” sê Jolene.

Beatrice probeer Emily help deur vir haar werk aan te bied, maar vermoed Emily wil nie eintlik werk nie. Jolene sê teen hierdie tyd lyk dit asof Emily gans te lekker by hulle bly en nie verantwoor­delikheid wil neem nie. “Sy weet ook presies hoe om op Daniel se gevoelens te speel en te kry wat sy wil hê.”

Dit lyk ook nie asof Emily enige berou het oor wat sy aan Daniel gedoen het nie, sê Zenobia. “Sy het weggeloop met geld wat aan ’n kind behoort het – wie weet wat sy nou beplan?”

 ??  ?? Emily wil mooi broodjies bak oor hoekom sy sak en pak weg is – maar sy het beslis ’n agenda.
Emily wil mooi broodjies bak oor hoekom sy sak en pak weg is – maar sy het beslis ’n agenda.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa