TV Plus (Afrikaans)

Agter tralies

Werner se wraakplan teen Chris vat vlam, maar Tim ruik lont en begin ondersoek instel na wie Werner regtig is!

-

Dinge is nou besig om mooi in plek te val vir Werner (Stian Bam) en sy wraakplan teen Chris (Marcel van der Merwe). Hoekom Werner sy mes vir Chris in het, is nog ’n raaisel, maar dit lyk asof Werner Chris blameer vir die jare wat Werner in die tronk gesit het toe Chris nog in die polisiemag was.

Werner het hom vroeër in Augustus by Jacobs Property Developmen­t (JPD) ingewurm as ’n sekuriteit­skonsultan­t wat saam met Chris – wat nou as bouer by die maatskappy betrokke is – werk. Stadig maar seker het Werner Chris se vriendskap en vertroue gewen. Maar Werner werk teen Chris deur Chris die sondebok te maak vir dwelms wat op JPD se boupersele gevind word. Werner het dit daar geplant deur ’n vervoermaa­tskappy genaamd Malgas Logistiek wat in die geheim by dwelms betrokke is. En ná nog ’n laatnag aflewering by die hotelboupe­rseel waar JPD werk, laat weet Werner die owerhede hulle moet ’n klopjag vir dwelms daar doen. En wie word ingeroep vir ondervragi­ng? Chris – nes Werner beplan het. En dis net die begin.

WERNER LAAT KATE TWYFEL

Aanvanklik word geen klag vir die dwelmvonds teen Chris ingedien nie. Maar kort voor lank word Chris gearrestee­r vir betrokkenh­eid by ’n dwelmsmokk­elnetwerk. “Chris is uit die veld geslaan en dink dis alles net ’n misverstan­d en die bewyse teen hom sal nie gewig dra nie. Hy het immers niks verkeerds gedoen nie,” sê Marcel.

Maar Werner is nog nie klaar met sy wraakplan nie. Hy beïnvloed tot Chris se vriendin Kate (Annelisa Weiland) deur twyfelgeda­gtes by haar te plant oor die geraamtes in Chris se kas. “Werner noem aan haar Chris het hom vertel hy is nie trots op van die goed wat hy al in die verlede vir die bose sakeman Ian October (Abduraghma­an Adams) moes doen nie,” sê Stian. “En wanneer die polisie begin snuffel, kan hulle op ’n geraamte of twee afkom.”

’N RIDDER OP ’N WIT PERD

Intussen wurm Werner homself dieper in by JPD. “Hy vul die leemte wat Chris gelaat het, en is ’n ridder op ’n wit perd vir Bridgette (Denise Newman), eienaar van die ondernemin­g, in dié tyd,” sê Stian.

Terwyl Werner floreer, krepeer Chris verder. Kate besoek hom in die tronk en verbreek hul verhouding. “Kate dink Chris is vir haar ’n vreemdelin­g, want die man wat beskuldig word, is nie die Chris wat sy ken nie,” vertel Marcel. “Hy ervaar die afsê baie moeilik, want dit voel asof hy besig is om alles in sy lewe te verloor. Hy weet hy het al baie goed gedoen waarop hy nie trots is nie, maar die afgelope tyd probeer hy regtig net die goeie mens wees wat hy werklik is.”

TIM SOEK ANTWOORDE

Met Kate wat Chris versaak het, is Chris se seun, Tim (Marco Spaumer), die enigste een wat nog bankvas agter hom staan. Tim ruik lont en begin wonder wie Werner werklik is, want dis sedert Werner sy opwagting gemaak het wat dinge begin skeefloop het. Hy vra Werner uit oor sy verlede en ook hoe die dwelms op die perseel gekom het. “Werner moet vinnig dink om Tim van sy spoor af te kry,” sê Stian. Maar Tim is nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie, hy het ook kontakte en begin in Werner se lewe rondkrap.

CHRIS WERK NIE SAAM NIE

Tim kry inligting wat hy hoopvol aan sy pa oordra. “Tim sê Werner het iemand in Polokwane se identiteit gesteel, en dit verdiep die raaisel, want Chris het steeds geen idee waarom die persoon hom dan wil indoen nie,” sê Marcel.

Tim bekom skelm ’n vingerafdr­uk van Werner, en nadat hy in ’n doodloopst­raat beland, vind hy tog uit wie Werner werklik is. Tim haas hom na Chris met die nuus, en dis duidelik Chris weet nou wie en wat Werner is. Maar pleks van bly wees, weier Chris dat Tim die waarheid oor Werner moet vertel.

Kate trek uiteindeli­k die waarheid uit Chris: Werner se regte naam is Conrad, en Chris het Conrad jare gelede die sondebok vir ’n misdaad gemaak. “Meer kan ek nie uitlap nie,” sê Marcel. “Maar Werner gaan besef Tim en Chris is op sy spoor en dan gaan die poppe dans!”

 ??  ?? Werner rig ’n pistool op Kate wanneer die waarheid uitkom oor wie hy werklik is!
Werner rig ’n pistool op Kate wanneer die waarheid uitkom oor wie hy werklik is!
 ??  ?? Chris (links) is geskok wanneer Kate (regs) hul verhouding verbreek.
Chris (links) is geskok wanneer Kate (regs) hul verhouding verbreek.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa