TV Plus (Afrikaans)

Kitsgesin-probleme

Ty sukkel met pa-wees, wat spanning in sy verhouding met Lee-Ann veroorsaak.

-

Dis nie maklik om ’n kind groot te maak nie, en Ty (Maurice Paige) besef dit sedert sy seun, Carlo (Jaydon Booysen), wat hy skaars twee maande terug ontmoet het, by hom ingetrek het. Lee-Ann (Portia Joel), Ty se verloofde, bly ook daar en dinge is krapperig in die kitsgesin – veral omdat Carlo nie van Lee-Ann hou nie en hy ’n bietjie dissipline kort.

Lee-Ann probeer haar bes om Carlo se guns te wen, maar laat ook nie toe dat hy oor haar loop met sy tienerstre­ke nie. Ty aan die anderkant wil nie te streng met sy seun wees nie. “Ty hou nie daarvan om die bad cop- ouer te wees nie. Dit is vir hom baie moeilik om streng met sy seun te wees,” sê Maurice, en as gevolg daarvan ontstaan ’n kloof tussen Ty en Lee-Ann.

’N UITDAGING

“Dit is makliker gesê as gedaan,” sê Portia oor hulle skielik ouers moet wees. “Vir paartjies om saam te woon is al klaar ’n leerkurwe, maar om nog ’n kind uit die bloute in die mix te gooi, maak dit uiteraard ’n baie groter uitdaging.”

Sy probeer Ty oorreed om sy voet dwars te sit, maar hy hanteer dit nie goed nie. “Ty is nie streng genoeg met Carlo nie en stel nie vir hom grense nie,” sê Portia. “Lee-Ann meen Carlo manipuleer Ty en hy swig maklik daaronder.”

DIE HUISREËLS

Lee-Ann herinner Carlo aan die huisreëls wanneer hy sy vuil papbakkie op die tafel los. “Lee-Ann sê vir Carlo hy moet sy bakkie kombuis toe vat nadat hy geëet het, soos hulle in die reëls vasgestel het. Maar Carlo steur hom min aan Lee-Ann en sê hy gaan laat wees vir skool – en los die bakkie net daar,” sê Portia. En asof daar nie genoeg drama is nie, is Carlo skoonveld wanneer Lee-Ann hom by die skool moet gaan haal. “Carlo kuier die middag by ’n maat, maar vertel niemand daarvan nie,” sê Portia. En almal is in rep en roer tot hy by die huis opdaag.

DIE EINDE?

Ty straf Carlo omdat hy sonder toestemmin­g by sy maat gaan speel het deur sy foon weg te vat. “Maar Ty voel dadelik skuldig, want sodra hy dit doen, kruip Carlo terug in sy dop,” sê Maurice.

Intussen probeer Ty aandag gee aan Lee-Ann deur ’n romantiese afspraak vir hulle te reël, maar dis is ’n flop wanneer Ty die heeltyd aan Carlo dink wat by sy oorlede ma se beste vriendin kuier.

Carlo keer later terug na Ty se huis, en dinge tussen Lee-Ann en Ty bly krapperig. Dan verbreek Lee-Ann haar en Ty se verlowing en trek uit die huis. “LeeAnn dink dit sal beter wees as hulle net

date, want daar is te veel druk op hulle,” sê Portia. Is dit die einde van Ty en LeeAnn? Of dalk kom Carlo tot inkeer.

 ??  ?? Ty (links) en Lee-Ann se verhouding ly onder die druk met Carlo wat nou ook onder hul dak woon.
Ty (links) en Lee-Ann se verhouding ly onder die druk met Carlo wat nou ook onder hul dak woon.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa