TV Plus (Afrikaans)

Siek obsessie

Lienkie en Blitz se lewe word uit ’n onverwagte oord bedreig.

-

Lienkie Mandi du Plooy-Baard) het eers gedink haar Stryder-man Blitz (Werner Coetser) bederf haar toe sy ’n groot bos blomme op kantoor ontvang, En daarna het nóg ’n verrassing gevolg: ’n bottel duur parfuum. “Maar Blitz ontken hy het die blomme en parfuum vir haar gestuur,” vertel Mandi. Wie is dan die geheimsinn­ige persoon wat Lienkie so bederf? En wanneer gaan die mens sy identiteit bekendmaak?

VERWARRING EN AGTERDOG

Blitz was eers gefrustree­rd omdat Lienkie hom nie wou glo toe hy ontken hy het die blomme en parfuum vir haar gestuur nie, sê Werner. “Blitz raak naderhand agterdogti­g en vermoed selfs dis dalk een van sy Stryder-spanmaats wat besig is om hom ’n poets te bak.”

Mandi sê Lienkie was aanvanklik opgewonde oor die geskenke omdat sy gedink het dit kom van Blitz af. “Haar kollega

Amanda (Natasja Jacobs) het ’n saadjie van twyfel by haar gesaai en gesê as ’n man eers vir sy wederhelf geskenke stuur, het hy dalk ’n skuldige gewete,” voeg sy by, en nou is sy agterdogti­g.

Lienkie bly tob oor of sy Blitz moet glo dat ’n vreemdeing haar so bederf en of haar man iets vir haar wegsteek deur die geskenke aan te dra . . .

VREESBEVAN­GE

Die hele raaisel word opgelos wanneer Lienkie een laatmiddag by die huis kom. “’n Pragtige geel rok hang oor een van die stoele. Sy dink dadelik dis ’n geskenk van Blitz en hy het die rok vir haar vir ’n spesiale afspraak gekoop,” vertel Mandi. “Lienkie trek die rok net daar aan, en wanneer Blitz kort daarna by die huis kom, bedank sy hom vir die mooi geskenk.” Maar Blitz ontken weer dis hy wat die rok daar gelos het.

Hulle is nou albei verward, en angstig, want hulle besef ’n vreemdelin­g was in hul woonstel. Blitz weet daar is groot moeilikhei­d. “Hy storm na die grondvloer om die sekuriteit­sbeampte se hulp in te roep, maar kry hom nie. En wanneer hy by die huis terug is, sien hy die sekurtitei­tsman is reeds in die woonstel,” verduideli­k Werner.

Mandi sê die sekuriteit­sman Jerry (Ben Pienaar, Alex in die komedieree­ks Chasing Joburg, 2018) het al die tyd in die woonstel gewag om haar te verras. “Voordat Blitz teruggekee­r het, het Jerry vir Lienkie vertel sy is sy droomvrou.”

Blitz is eers bly om te sien die sekuriteit­sman is reeds daar, maar wanneer Lienkie vir hom beduie Jerry is die skuldige, besef Blitz hy en Lienkie is in groot gevaar. Blitz probeer Jerry konfrontee­r, maar Jerry kry die oorhand. “Jerry hou hulle die hele nag aan en Lienkie is vreesbevan­ge. Sy besef Jerry glo hy kan haar van Blitz ‘red’,” vertel Mandi.

REDDINGSPO­GING

Gelukkig vermoed Kristien (Marlee van der Merwe) en die Stryder-afrigter Schalk (Johan Scholtz) die volgende dag onraad wanneer Lienkie nie by die kantoor opdaag nie en Blitz ook nie vir oefening aanmeld nie. “Hulle gaan na die Vermeulens se woonstel om ondersoek in te stel,” sê Werner.

Wanneer Schalk en Kristien by die woonstel opdaag, is daar ’n groot struweling. Maar gaan hulle Blitz en Lienkie uit Jerry se kloue kan red?

 ??  ?? Lienkie (links) en Blitz is vreesbevan­ge omdat iemand in hul huis was.
Lienkie (links) en Blitz is vreesbevan­ge omdat iemand in hul huis was.
 ??  ?? Blitz (regs) besef Jerry is baie gevaarlik.
Blitz (regs) besef Jerry is baie gevaarlik.
 ??  ?? Jerry (links) glo Lienkie is sy droomvrou.
Jerry (links) glo Lienkie is sy droomvrou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa