TV Plus (Afrikaans)

Oos, wes, tuis bes

Renate is weer tuis en maak ’n skokkende ontdekking.

-

Renate (Christel van den Bergh) is baie opgewonde om ná die geboorte van haar en Simon (David Louw) se eersteling, Regardt (Daniel Louw), weer veilig terug in Suid-Afrika te wees. “Dit was vir haar baie moeilik om in Engeland te wees toe Regardt gebore is. Sy kan nou nie wag om hierdie oulike knapie vir almal te wys nie,” vertel Christel.

Haar opgewonden­heid word egter gou gedemp wanneer sy uitvind Simon se eksverloof­de Lulu (Ansu Visser) het by hul huis ingetrek kort voor Anja, Lulu en Simon se babadogter­tjie, gebore is. “Renate is briesend en voel verraai omdat almal dit vir haar weggesteek het. Sy voel Lulu het haarself ingewurm om Simon weer terug te kry,” voeg sy by.

KONFRONTAS­IE EN JALOESIE

Renate laat ook nie op haar wag nie en konfrontee­r Lulu oor haar vermetelhe­id om in haar en Simon se huis te bly. Maar Lulu staan haar man, sê Ansu. “Sy voel regtig sy is nie die skuldige nie, want Simon en sy ma, Yvonne (Karin Retief), het tog geweet sy bly daar en hulle het versuim om Renate in te lig,” voeg sy by. “Yvonne is ’n regte beheervraa­t en omdat sy nie enige beheer oor Renate en haar toekomstig­e baba in Engeland kon uitoefen nie, het sy gedink sy kan darem sorg dat Lulu gesond en veilig is.” Lulu hoop Renate kan insien hierdie reëling was die beste vir Lulu en haar man se kind.

Maar dan bars ’n tweede bom: Renate vind uit Lulu het ’n ooievaarst­ee gehad en dié geleenthei­d het ook in haar huis plaasgevin­d. “Renate voel uitgesluit en jaloers omdat sy nie self ’n ooievaarst­ee gehad het nie,” verduideli­k Christel haar karakter se reaksie.

VREDE EN VRESE

Ansu sê die twee nuwe ma’s suiwer gou die lug en begrawe die strydbyl. Maar nou worstel Lulu met haar eie spoke: Sy begin twyfel of sy daarvoor opgewasse is om ’n enkelma te wees. “Sy besef mettertyd sy moet die beste van die saak maak, en sy wil die beste ma vir klein Anja wees. Hoewel Lulu nou heeltemal opgegee het op die liefde, gaan sy seker maak haar kind gaan die nommer-een-liefde in haar lewe wees.”

REGARDT SE EERSTE DAG

Ons sien klein Regardt vir die eerste keer op Donderdag 26 Augustus in Getroud Met Rugby. Christel vertel Daniel, haar en David se eersteling wat op 27 Maart gebore is en hul baba in die sepie speel, was die eerste dag op die stel stroopsoet. “Daniel het regdeur sy eerste toneel geslaap.”

 ??  ?? Renate (links) en Lulu probeer vrede maak.
Renate (links) en Lulu probeer vrede maak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa