TV Plus (Afrikaans)

Leeuwyfie lê en wag

Dineo se moederlike kant en besigheids­talent smelt saam om haar stiefdogte­r en haar familie se nalatenska­p te red.

-

Dis een ding om ’n vrou se maatskappy aan te val, dis ’n heel ander saak wanneer haar kinders in die spervuur beland. Dís die posisie waarin Dineo Price (Kgomotso Christophe­r) haar die volgende twee weke bevind wanneer haar stiefskoon­seun James (Robert Hobbs) se bose komplot teen Dineo se stiefdogte­r Felicity (Mary-anne Barlow) en hul familiebes­igheid Legacy Investment­s ontvou. “Dineo is nie ’n gek nie. Sy is ’n vrou, ’n ma, ’n dogter en ’n sakevrou. Sy moes in die verlede baie verduur met mense wat haar veroordeel en haar ’n fortuinsoe­kster genoem het, maar sy het nog altyd bo uitgekom,” sê Kgomotso. Haar karakter gaan in ’n hoek gedryf word wanneer sy haar wêreld wil red, maar dit gaan Dineo net aanspoor. “Die aanval op Legacy is pynlik. Die aanval op haar familie, selfs Felicity met wie sy al koppe gestamp het, is onvergeefl­ik,” waarsku Kgomotso.

PROBLEEMKI­ND

Sedert James begin Augustus uitgepluis het sy vrou het haar pa, Sebastian Price (Deon Lotz), September verlede jaar vermoor, manipuleer hy haar soos ’n poppespele­r. Tot dusver het hy Felicity gebreinspo­el om hom die ondernemin­g se vergaderin­gs te bestuur en kontrakte te sluit wat miljarde werd is en waarvan niemand anders weet nie, en ook seker gemaak Felicity is geskei van haar besorgde familie. “James is van nature ’n jakkals,” sê Robert. “Hy is nie ’n toproofdie­r nie en slaan toe nadat die slag reeds toegedien is, en hy snuffel rond en krap tussen die oorblyfsel­s.” Maar daardie oorblyfsel­s het hom gelei tot wat hy nog altyd wou hê: beheer van Legacy Investment­s en die miljarde rande in sy bankrekeni­nge. “Hy smag na mag, hy leef daarvoor en floreer daarop. Hy is ’n sieklike egoïs,” voeg die akteur by, wie se karakter begin September ál nader aan die HUB-kantoor skuif.

EEN STAP TE VER

Waarmee James nie rekening gehou het nie, is Dineo se veggees soos dié van ’n leeuwyfie en sy is baie meer as net ’n mooi gesiggie. “Sy is geleerd, sy het ’n graad en het sterk bly staan by Legacy teen mans wat op haar neergekyk het,” vertel Kgomotso. Dineo is straatslim. Soos om haar seun,

Sefako (Zenzo Ngqobe), ’n selfoon na Felicity te laat smokkel wanneer James en sy handlanger­s nie kyk nie sodat Dineo Felicity kan kontak en hulle hul aanval kan beplan. “Indien jy teen ’n lid van die Price-familie wil baklei, moet jy voorbereid wees,” waarsku Kgomotso. “Want jy pak die hele kliek – en ons is sterk!”

 ??  ?? James (inlas) het dalk meer afgebyt as wat hy kan kou toe hy vir Dineo (links) kwaad gemaak het.
James (inlas) het dalk meer afgebyt as wat hy kan kou toe hy vir Dineo (links) kwaad gemaak het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa