TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Steffy en Finn stel Finn se ouers, Li en Jack Finnegan, aan die Forresters voor. Hope is Steffy se hofdame by die herehuistr­oue, en Pam daag onverwags op met ’n sluier en in ’n wit uitrusting, maar die klassieke ongenooide trougas is die gek verpleegst­er Sheila Carter, wat beweer sy is Finn se biologiese ma. Skokkende bekentenis­se volg en Ridge probeer die orde herstel, terwyl Steffy Finn die leviete voorlees oor haar nuwe skoonma se teenwoordi­gheid in hul lewe. Ondanks die chaos laat die troue Donna nostalgies voel oor haar huwelik met Eric.

DAYS

Claire neem Ciara se plek voor die kansel in nadat Ben Ciara op haar troudag met Theo ontvoer, Nicole neem Rafe in haar vertroue, en EJ en Lucas bots oor Sami. EJ skop Sami uit die DiMera-herehuis, Philip verskreeu Chloe omdat sy by Brady aanlê, en Gabi sê vir Jake hoe sy Philip tot ’n val gaan bring. Belle en Eli eis dat Allie en Claire hulle vertel waarheen Ben Ciara geneem het, en Ciara maak ’n groot deurbraak terwyl sy Ben se beserings versorg. • Days het vanweë die Olimpiese Spele vir twee weke ’n rustyd in Amerika geneem.

Y&R

Phyllis besoek Eric Forrester in LA om uit te vind of Sally hom oorreed het om Summer vir die pos by Marchetti aan te beveel, en Lauren stel Sally amptelik aan as die president van

JCV. Lauren vermoed Tara het die boeke beknoei met haar skoenmode. Phyllis dring Tara se rekords binne en besef Tara bedrieg haar beleggers, Phyllis en Lauren laat Tara vir bedrog arresteer net toe sy op die punt is om saam met klein Harrison na Genoa City te vlug, en Kyle vlieg na Milaan om by Summer aan te sluit. Victoria aanvaar Ashland se huweliksaa­nbod, Victor weier om Adam toe te laat om Victoria te ondermyn. En Mariah is steeds vermis.

 ??  ?? Steffy (links) en Finn lê hul troubeloft­es af.
Steffy (links) en Finn lê hul troubeloft­es af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa