TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

-

Dis moeilik om jou lewe sonder jou geliefde voort te sit en dr. Steve Abrahams (Clint Brink) weet dit goed. Hy sukkel om kop bo water te hou ná die dood van sy verloofde, dr.

Elana Bester (Ilne Nienaber), in Julie. Steve en Elana was besig om Elana se oorlede suster Maddie (nie op die skerm nie) se kinders, Ruan (Caiden Bouwer) en Vicky (Roxanne Bornman), aan te neem en nou is Steve ’n enkelpa vir hulle.

“Steve sukkel. Hy is emosioneel afgetakel en mis Elana baie, maar probeer sy bes om die kinders te ondersteun,” sê Clint. Soos om Vicky voor skool met haar hare te help. Hy skerts en sê Steve sukkel omdat hy kaalkop is en nie juis veel oefening met hare het nie – des te meer met die vroulike haardos. “Hy is out of

touch, dus vra Vicky skelmpies vir Steve se volwasse dogter, Lexi (Kisha Skeï), om haar hare vas te maak,” vertel hy. Dis wanneer Janneke

Stuurman (Roeline Daneel, die sielkundig­e Alta-Mari in Arendsvlei, 2018-nou, lees meer op ble. 24 en 25) haar verskyning maak. “Janneke is die ma van een van Vicky se maatjies,” sê Clint. “Sy is geskei en het haar eie trauma ervaar, dus bied sy haar hulp aan.”

Ruan vertel Steve hulle is dankbaar vir wat hy vir hulle doen, maar hy kan nie vir hulle ’n ma ook wees nie. “Ruan laat Steve besef hy moenie alles by sy werk opgee om hulle gelukkig te maak en dan is hy ongelukkig nie,” sê Clint. En met Ruan, Vicky en Janneke as sy steunpilar­e sit Clint die aannemings­proses voort.

• Lees meer op ble. 21, 22 en 23.

 ??  ?? Steve (inlas) wil net die beste vir Vicky (middel) en Ruan (regs) hê.
Steve (inlas) wil net die beste vir Vicky (middel) en Ruan (regs) hê.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa