TV Plus (Afrikaans)

Girl Meets Farm

Seisoen 6 Food Network (*175) 19:25 Leefstyl

-

Niks is vir die kosblogger en sjef Molly Yeh lekkerder as om produkte uit haar agtertuin in smaaklike etes om te tower in seisoen 6 van haar kookreeks Girl Meets Farm (2018-nou) nie. “Ek geniet dit gate uit om in die kombuis kreatiewe geregte vir my gesin te berei,” sê Molly. “Kookkuns is ’n venster op ander plekke, kulture en gemeenskap­pe. Dis hoe ek myself verbind aan my Chinese en Joodse herkoms,” voeg die 32-jarige sjef by, wat saam met haar man, Nick Hager, van New York na die grens tussen Noord-Dakota en Minnesota in Amerika getrek het om sy familie se suikerbeet­plaas oor te neem.

Benewens ’n laat ontbyt met ’n Mexikaanse tema wat sy vir haar vriende in seisoen 6 aanbied, bak Molly smaaklike happies vir oestyd en ’n reënboogko­ek vir haar dogter, Bernie, se eerste verjaardag. “Ek het ure bestee om ’n partytjie met ’n groentetem­a vir Bernie te beplan. Ek het die internet gefynkam vir die perfekte kransies en uitrusting­s. Ek het die uitnodigin­gs selfs met die hand geteken,” vertel Molly. Sy moes egter die partytjie in Maart 2020 weens Covid-19-beperkings kanselleer. “Ons het ons vriende en familie baie gemis, maar ek, Nick en Bernie het haar verjaardag steeds geniet. Ons het pannekoeke en bloubessie­s vir ontbyt gehad, hoendersop vir middagete, en natuurlik baie koek.”

Molly se familie kom ook in hierdie seisoen kuier en kook saam met haar, soos haar klassieke musikant-pa, John. Die twee span in episode 7 saam vir ’n Asiatiese middagete. “Ek betoon my liefde vir hulle met kos – ’n smaaklike ete of ’n koek,” onthul Molly.

 ??  ?? Molly Yeh is terug met meer plaasstyl-kookkuns.
Molly Yeh is terug met meer plaasstyl-kookkuns.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa