TV Plus (Afrikaans)

Kyk ook vandag

-

Slim Vang Sy Baas

Seisoen 1 VIA (*147) 17:30 Realiteit

Episode 6 Die twee spanne trio’s, Die Sibbe en MBA’s, pak mekaar in algemene kennis-vrae en speletjies om te sien wie moontlik met R10 000 kan wegstap.

Musiekpani­ek

Seisoen 5 VIA (*147) 20:00 Musiek

Episode 2 Carla kuier saam met die sanger Bobby van Jaarsveld (album Maak ’n Wens, 2014) en hulle kyk hoe vier van sy aanhangers meeding om ’n groot prys.

Hawaii Five-0

Seisoen 5 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Episode 23 Kono raak op see vermis tydens ’n solokajak-avontuur, en die Five-0-taakmag soek na ’n bende wat apteke beroof en die chemikalie­ë gebruik om dwelms te vervaardig.

A Million Little Things

Seisoen 3 M-Net (*101) 20:30 Drama

Episode 5 Rome se fliek kan deur die Covid-grendeltyd skade ly wanneer beperkings reg oor Boston ingestel word, en Eddie is moedeloos wanneer sy operasie uitgestel word weens ’n hospitaal-noodgeval.

The Other Guy

Seisoen 1 SABC3 (*193) 20:30 Komedie

Episode 2 AJ is versigtig op sy eerste afspraak met iemand wat hy aanlyn ontmoet het, en op Stevie se besoek aan die apteek kry sy medisyne en ’n afspraak.

Atlanta

Seisoen 1 SABC3 (*193) 21:00 Drama

Episode 3 Earnest is in die sop wanneer hy Van op ’n afspraak uitneem al is hy platsak, en Alfred en Darius sluit ’n dwelmtrans­aksie met ’n wrede bende (gespeel deur die kletsrymgr­oep Migos, album Culture, 2017).

Die Kliek

Seisoen 10 VIA (*147) 21:00 Realiteit

Episode 9 Daar word by Yanka en Ivan ingeloer om te hoor of hulle op hul afspraak gekliek het, en die nuwe ram is nie wat die meisies verwag nie.

In Treatment

Seisoen 4 M-Net (*101) 21:30 Drama

Episodes 7 & 8 Brooke herleef ’n traumaties­e ervaring uit haar verlede wanneer sy Laila met haar eie trauma probeer help.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa