TV Plus (Afrikaans)

HUISGENOOT: WARE LEWENSDRAM­AS

-

Daar’s reeds 7 seisoene agter die rug en dit voel steeds soos net die oortjies van die seekoei. SA se oudste en gewildste tydskrif, Huisgenoot, kyk terug na ’n paar van sy grootste stories oor sy bestaan van 105 jaar. Joernalist­e wat die verhale gedek het verduideli­k nie net die skryfprose­s van hul artikels nie, maar ook die gebeure en stories wat die lesers nie noodwendig ken nie. Die misdaaden moordsake is die spil waarom die dokkiereek­s draai. Soos die sage van Leigh Mat

thews, wat in 2004 by die universite­it ontvoer en vermoor is in ’n gyselaarsi­tuasie wat skeefgeloo­p het. Terwyl Jan Alleman die algemene aspekte ken, soos dat Leigh in ’n kar se kattebak geplaas en vervoer is van Sandton na

Walkervill­e in die suide van Johannesbu­rg voor haar moordenaar, Donovan Moodley, ná ’n intensiewe ondersoek gearrestee­r is, help onderhoude met die skrywers kykers om te verstaan wat regtig gebeur het.

Yvonne Beyers, die redakteur van Huisgenoot, sê: “Dis ’n ander ervaring om die rolspelers in elke storie op die kassie te sien as om oor hulle te lees. Ons kyk ook na die polisiebea­mptes en joernalist­e, wat agter die skerms van groot stories gewoeker het, en na die gebeure agter die gebeure, en dit sorg vir boeiende kykstof.”

 ??  ?? Kenners soos die skrywer Antony Altbeker gee insig saam met Huisgenoot se verslaggew­ers aan hul stories.
Kenners soos die skrywer Antony Altbeker gee insig saam met Huisgenoot se verslaggew­ers aan hul stories.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa