TV Plus (Afrikaans)

KRIMINELE MEESTERBRE­IN

-

Die enkelseiso­en- dokkiereek­s van 13 episodes sluit in onderhoude met die hoofdeelne­mers aan bekende SuidAfrika­anse moordsages wat die volk aangegryp het, vanaf hul grusame begin wat hoofopskri­fte gehaal het, tot die soms suksesvoll­e eindes met die moordenaar­s wat gearrestee­r is en in die tronk beland. Dis geskep deur die befaamde produksiem­aatskappy Clive Morris Production­s (hulle vervaardig die sepie The

Estate, lees meer op bl. 37). Die episodes sluit in dramatiser­ings van moorde, van die moord op die akteurs Brett Goldin en Richard Bloom, tot dié van die bekroonde musikant Taliep Petersen en die student Leigh Matthews (sien langsaan).

Die polisie het hul sakelêers beskikbaar gestel en bystand verleen om geloofwaar­digheid aan die reeks te gee, en onthul inligting wat nooit openbaar gemaak is tydens die ondersoeke en die daaropvolg­ende hofsake nie. Die familieled­e van die slagoffers het ook aan die program deelgeneem, wat die vervaardig­er Kelly Daykin en regisseur Sharon Black erken was moeilik vir die families en die produksies­panne. “Ons het hulle gevra om terug te keer na herinnerin­ge wat hulle elke dag probeer vergeet. Ons word deur hul pyn en lyding, wat tydens die onderhoude na vore kom, geteister,” sê Kelly. Sharon voeg by: “Die waarheid van die reeks sou hol geklink het sonder hul stories, dus het ons die hulp van ’n traumabera­der vir die familieled­e aangestel. Ons hart het gebreek tydens die verfilming, want ’n mens kon sien hulle klou steeds vas aan hul verlore familieled­e jare nadat hulle so tragies vermoor is.”

 ??  ?? Die aanbieder Rian van Heerden gee kykers verduideli­kings soos die episodes verloop.
Die aanbieder Rian van Heerden gee kykers verduideli­kings soos die episodes verloop.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa