TV Plus (Afrikaans)

SWEEF SOOS ’N AREND

-

Ag, dis darem lekker wanneer ons plaaslike sepies goed vaar en mylpale vier! Arendsvlei het onlangs sy 500ste episode gevier en die sjampanje het gevloei terwyl daar darem ook heerlike koek was om te eet. tvplus was ongelukkig nie self daar nie, maar ons het lekker na al die foto’s gekyk en gewens ons kon persoonlik geluk sê. Die sepie het in Oktober 2018 begin en het vinnig gewild geraak met sy unieke streektaal en storielyne wat eg Kaaps is. Dis lekker om te sien hoe die karakters groei en ontwikkel! Baie geluk aan almal betrokke met die groot mylpaal!

• Lees meer op ble. 28 en 29.

 ??  ?? Hier wys die spelers hoe lekker jy kan fees vier. Van links is Craig Adriaanse (Wesley), Kay Smith (Debra), Celeste Matthews (Gertie) en haar sepiedogte­r Jolene Martin (Beatrice), Kaylene Bergstedt (Mielies) en Marlin Balie (Hein).
Hier wys die spelers hoe lekker jy kan fees vier. Van links is Craig Adriaanse (Wesley), Kay Smith (Debra), Celeste Matthews (Gertie) en haar sepiedogte­r Jolene Martin (Beatrice), Kaylene Bergstedt (Mielies) en Marlin Balie (Hein).
 ??  ?? Van links is Celeste Matthews (Gertie), Jody Abrahams (Lionel), Theltom Masimila (skepper, hoofskrywe­r en kreatiewe regisseur) en Jolene Martin (Beatrice).
Van links is Celeste Matthews (Gertie), Jody Abrahams (Lionel), Theltom Masimila (skepper, hoofskrywe­r en kreatiewe regisseur) en Jolene Martin (Beatrice).
 ??  ?? Gaste kon lekker weglê aan tuisgebakt­e koekies uit Anton Se Bakkery.
Gaste kon lekker weglê aan tuisgebakt­e koekies uit Anton Se Bakkery.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa