TV Plus (Afrikaans)

AGTER DIE SYFERS

-

Ons word gereeld gevra hoe ons bepaal watter stories ons in tvplus plaas. Dis eenvoudig: Ons word gelei deur die kykergetal­le wat ons kry van die Broadcasti­ng Research Council of South Africa (BRCSA). Maar syfers vertel nie altyd die hele storie nie, dus probeer ons kyk en luister waaroor mense op die sosiale media praat en wanneer hulle (met sosiale distansiër­ing) om braaivleis­vure staan. Dis ook hoekom die Engelse en Afrikaanse tvplus soveel verskil. In Engels is die gewildste sepies Uzalo met ’n reusagtige 7 763 153 kykers in Julie, en Generation­s met 6 404 266 kykers op sy hakke. Onder Afrikaanss­prekendes was die telenovell­e Deur Dik En Dun in Julie die voorloper met 705 864 kykers, Doodsondes met net onder

700 000, en dan 7de Laan met 623 320. Die gratis-kanale bly steeds die meeste kykers trek – en so ook eExtra – met programme op kykNET en kykNET & kie wat volg. En flieks bly ook supergewil­d. En waar sepies bo aan die Engelse kyklys is, wissel Afrikaanse kykers tussen flieks, nuus en dramaprogr­amme.

En natuurlik het die inperking ook die manier hoe ons TV-kyk verander, sê Gary Withaker, hoof van die BRCSA. “Minder mense kyk deesdae TV op tradisione­le TV-stelle omdat hulle soveel meer toestelle, soos tablette, tot hul beskikking het,” verduideli­k hy. En omdat baie van ons tydens die inperking van die huis af moes werk, het meer mense nou toegang tot die internet, wat ook meer toegang tot stroomkyk teweegbrin­g. En vir my ’n bewys mans beheer steeds die TV-kontrole: Die fliek Transporte­r 3 op e.tv is in Julie die meeste deur vroue gekyk. Ek glo nie vir ’n oomblik dit was totaal uit vrye keuse nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa