TV Plus (Afrikaans)

Cold Courage

Seisoen 1 M-Net-sat. (*101) 22:30 Drama

-

Die drama-minireeks Cold Courage (2020) speel af ses weke voor die Britse algemene verkiesing, en die Fins gebore sielkundig­e Mari (Pihla Viitala) loods ’n veldtog teen die populis-kandidaat Arthur Fried (die Britse akteur John Simm). Mari werk saam met haar volksgenoo­t Lia (Sofia Pekkari) en ’n span ghoeroes bekend as The Studio om van die politikus ontslae te raak. “The Studio takel invloedryk­e figure soos Arthur, wat mag misbruik,” vertel John. En dis presies hoe sy karakter is, want Arthur is rassisties en bevooroord­eeld en het ’n aanhang opgebou met sy omstrede uitsprake – en ’n slagspreuk wat belowe om “die groot in Groot Brittanje terug te sit”.

Die Studio-span is genadeloos in hul stryd om geregtighe­id en hulle diep al Arthur se geheime op. “Hulle is oorgehaal vir hom. Die Studio sal nie bes gee voor Arthur se misdade onthul is nie,” sê John. Soos die seisoen ontvou, doen

Mari en die span als moontlik om hul doel te bereik en die gemeenskap teen Arthur te beskerm. “Daar is morele grys areas in die storielyne, waar goeie mense slegte dinge doen met goeie doelwitte, wat lekker kinkels verskaf,” sê John.

Hoewel die reeks in Londen afspeel, is dit verwerk uit die misdaadrom­anreeks Studio (2011-2019) deur die Finse joernalis Pekka Hiltunen. John vertel die reeks se donker Noorse toon – ’n swartgalli­ge pas, somber voorstedel­ike omgewing en ingewikkel­de agtergrond­stories – het hom geboei. “Ek het gedink dit sal lekker wees om af te wyk [van Engelse reekse] en iets nuuts te doen,” sê

John, wat van 2007 tot 2017 The Master in die sci-fi-reeks Doctor Who (1963-nou) gespeel het.

 ??  ?? Die wrede politikus Arthur Fried (inlas) word deur Lia (links bo) en Mari i (regs bo) aangeval.
Die wrede politikus Arthur Fried (inlas) word deur Lia (links bo) en Mari i (regs bo) aangeval.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa