TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

-

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

Die jong aktrise Roxanne Bornman (11), wat die rol van Vicky in die sepie Binnelande­rs vertolk, het sonder enige twyfel diep in kykers se harte gekruip. Die bruinoog-meisietjie met haar wipneusie glimlag altyd, al was sy beslis die afgelope ruk baie hartseer oor haar tannie Elana (Ilne Nienaber) se dood. “Vicky mis tannie Elana,” sê Roxanne, en omdat Vicky haar tannie wil eer, besluit sy om haar lang lokke te verruil vir ’n kort kapsel soos wat tannie Elana gehad het. “So kan Vicky elke dag in die spieël kyk en haar tannie Elana sien,” voeg Roxanne by.

Steve (Clint Brink), Elana se verloofde, wat nou na die kinders omsien, is stomgeslaa­n wanneer hy Vicky met haar nuwe haarstyl sien, en dink sy het dit afgesny omdat hy soggens so gesukkel het om haar hare te vleg. “Vicky verseker haar oom Steve dis nie die rede nie, en laat hom besef dis hoe sy tannie Elana eer.”

Elana se familie, die Kosters, is diep geraak deur Vicky se daad en om haar te ondersteun, skep hulle ’n gedenktuin op hul erf met ’n afdak waar Vicky kan sit en met haar tannie Elana “gesels”.

Dit was Roxanne se idee om haar hare te sny. Sy en haar tweelingsu­ssie, Danielle, het drie maande terug met swemlesse begin en hul ma, Yvette, sê hulle is dol daaroor en swem minstens drie keer per week. “Dit maak die swemmery net makliker,” sê Roxanne. “Ons nat hare word nou gouer droog.” En wat sê Mamma en Pappa oor die kort hare? “Hulle hou daarvan, maar mis die lang hare,” sê Roxanne eerlik.

• Lees meer op ble. 26 en 27.

 ??  ?? Hooffoto: Roxanne (links) en haar sussie Danielle. Inlas: Roxanne hou haar afgesnyde poniestert in haar hand.
Hooffoto: Roxanne (links) en haar sussie Danielle. Inlas: Roxanne hou haar afgesnyde poniestert in haar hand.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa