TV Plus (Afrikaans)

21 Day Body Turnaround

Seisoen 1 BBC Earth (*184) 19:00 Realiteit

-

Die wêreldpand­emie het soveel van so baie mense geëis, en een van die dinge wat dit uit mense se lewe geruk het, is fiksheid. Die dokter en aanbieder Michael Mosley stel indien uwe realiteit s dokkie reeks 21 Day Body Turnaround (2021) ’n gesondheid s uitdaging op vir vyf gewone mense van verskillen­de ouderdomme en groottes om hul gesondheid binne drie weke te verbeter. “’n Opname toon mense het bykans 5 kg gewig opgetel tydens die eerste vyf maande van die grendeltyd. Dit klink skrikwekke­nd, maar ek glo dit kan maklik omgekeer word,” sê Michael. “Jy kan jou fiksheidsv­lak in ’n verstommen­d kort tydperk opknap, selfs al is jy ’n sofapokkel.”

Die 64-jarige Britse dokter, wat in Kolkata, Indië, gebore is, en sy span kenners het ’n spesiale gesondheid­splan ontwikkel van afwisselen­de vastye saam met gereelde oefening. “Ons plaas die deelnemers op gespesiali­seerde oefenplann­e, maar niks is te moeilik nie – die intense, koue swemsessie­s is dalk ’n bietjie ongemaklik, maar jy raak gewoond daaraan,” vertel Michael, en voeg by hul eetgewoont­es word ook aangepas. “Ons kyk na wat hulle eet en hoe ons daardie dieet kan aanpas om ook die kykers tuis te bevoordeel.”

Een van die belangriks­te aspekte is egter die deelnemers se volharding. “Hulle moet verstaan hulle kan dit doen indien hulle wil. Onaktiwite­it gaan nie die kilo’s laat wegsmelt nie. Hulle moet elke dag voortgaan en gelukkig kan die mense wat ons gekies het, dit doen,” sê Michael.

 ??  ?? Dr. Michael Mosley sluit aan by die deelnemers vir ’n yskoue swemsessie.
Dr. Michael Mosley sluit aan by die deelnemers vir ’n yskoue swemsessie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa