TV Plus (Afrikaans)

Modern Family

Seisoen 11 Comedy Central (*122) 21:00 Komedie

-

Die laaste seisoen van ’n reeks laat intriges ontknoop en neem op ’n gepaste manier afskeid van die hoofkarakt­ers, soos in seisoen 11 van die komedieree­ks Modern Family (2009-2020) gebeur. Ná 11 jaar en skreeusnaa­kse lewensless­e het die kinders gegroei van tieners wat op mekaar gil tot jong volwassene­s, en die ouer sibbe het hul bande met hul ouers, lewensmaat­s en stiefma versterk.

Ná die geboorte van haar tweeling in die laaste episode van seisoen 10 (2018), het die oudste dogter, Haley (Sarah Hyland), van ’n loskoptien­er in ’n verantwoor­delike ma verander. Haar wetenskapi­ke suster, Alex (Ariel Winter), werk aan ’n navorsings­projek in die Suidpool en hul jonger broer, Luke (Nolan Gould), se tragiese liefdeslew­e en laaste jaar op hoërskool hou hom besig. Haley en haar man, Dylan (Reid Ewing), trek dus by haar ouers se huis in. “Dit verloop nie so glad soos Hayley verwag nie,” waarsku Nolan. Haley en haar ma, Claire (Julie Bowen), sit gou vas oor hul teenstrydi­ge ouerskapst­yle.

“Daar gaan beslis baie spanning en drama in die Dunphy-huis wees met Haley se terugkeer. Soos al die karakters in hierdie seisoen hul uitdagings aanpak, werk Claire en Haley deur hul verskille, en hul wankelrige ma- dogterverh­ouding voltooi ’n kring,” sê Nolan.

Hoewel Modern Family baie gewild was, is dit beëindig om sy nalatenska­p te bewaar, verduideli­k die reeksbestu­urder Christophe­r Lloyd. “Ons sluit op ’n hoë noot af en dis fantasties. Die reeks sal in kykers se gedagtes voortleef. Hulle sal dit hopelik onthou vir die innoverend­e storielyne oor die dinamiek van diverse families,” sê Christophe­r.

 ??  ?? Die Dunphy-gesin is die middelpunt van Modern Family se seisoen 11. Van links is Luke, Alex, pa Phil, ma Claire en Hayley.
Die Dunphy-gesin is die middelpunt van Modern Family se seisoen 11. Van links is Luke, Alex, pa Phil, ma Claire en Hayley.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa