TV Plus (Afrikaans)

Celebrity Wife Swap US

Seisoen 4 SABC3 (*193) 17:30 Realiteit

-

Party ouers gee nie om as hul kinders op ’n skoolaand tot laat flieks kyk nie, ander pas streng reëls toe. Elke gesin het sy eie grille en die reeks Celebrity Wife Swap US daag twee beroemde vroue met verskillen­de sienings uit om hul huishoudin­gs vir twee weke uit te ruil. “Dis ’n openbaring. Jy begryp hoe dit voel om in ’n ander vrou se skoene te staan,” sê die aktrise Pia Zadora (Beatnik in die fliekkomed­ie Hairspray, 1988). Sy het plekke geruil met die aktrise Cloris Leachman (Donna in die fliekdrama Not To Forget, 2021), wat in Januarie vanjaar ná ’n beroerte en Covid-19-probleme oorlede is.

In die eerste week pas die besoekende vrou aan by haar nuwe gesin se leefstyl. Die bordjies word in die tweede week verhang en die besoeker lê die reëls neer, wat dikwels tot vyandighei­d en uitbarstin­gs deur haar “nuwe” man en kinders lei. Aan die einde van die eksperimen­t keer die vrou na haar tuiste terug en albei egpare ontmoet mekaar. Hulle doen voorstelle oor die bestuur van mekaar se huishoudin­gs wat spanning veroorsaak. Dis egter nie al die drama wat in die reeks voorkom nie.

Die Wife Swap-franchise het in Brittanje ontstaan en is vir 11 seisoene tussen 2003-2009 uitgesaai. Dit het in 2017 teruggekee­r vir ’n spesiale Brexit-reeks met twee gesinne wat teenstrydi­ge sienings oor Brittanje se onttrekkin­g aan die Europese Unie het.

Die Amerikaans­e weergawe is vir 9 seisoene en 3 vernuwings van 2004-2020 uitgesaai – die splinterre­eks met beroemdes het net 4 seisoene gehad. Wife Swap US het vele twispunte gehad, soos uitbarstin­gs wat glo voorgeskry­f is en vervaardig­ers wat heimlik bakleiery onder die deelnemers aangestig het.

 ??  ?? Die verouderen­de Cloris Leachman (hooffoto) het die ruiling van huise met Pia Zadora (inlas) benut deur jong “werkers” te kry.
Die verouderen­de Cloris Leachman (hooffoto) het die ruiling van huise met Pia Zadora (inlas) benut deur jong “werkers” te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa