TV Plus (Afrikaans)

Van Lucia

-

Nou die aand terwyl ons TV kyk, is daar 'n advertensi­e met Shaleen SurtieRich­ards in. Ek sê vir my man ek wonder of ek nie die advertensi­e sou onttrek het ná haar onlangse dood nie. Maar aan die ander kant, gesels ons toe, is dit steeds 'n pragtige eerbetoon aan haar. Sy gaan nou vir die volgende ruk ook in Arendsvlei te sien wees (lees meer op ble. 28 en

29). Haar laaste tonele is maar dae voor haar dood opgeneem. Dit is bittersoet om haar nou in dié gemoedelik­e ouma-rol te sien. Vir my sal sy natuurlik altyd Fiela Komoetie wees van die fliek Fiela Se Kind. Ek was bevoorreg om deur my loopbaan 'n paar keer met haar skouers te skuur en onderhoude te voer. Sy het my altyd laat skater. Haar hart se diepte het nie einde geken nie. Ek sal haar onthou met haar effense hees stem, geen pretensie nie en 'n chauffeur wat reg staan om haar êrens heen te bestuur. Rus sag, Shaleen.

Stuur jou kommentaar na tvplus/ Jy vra, Posbus 784161, Sandton 2146, of e-pos dit na tvplus@media24.com of SMS dit na 35982 met die woorde TVPLUS YOUASK en jou naam. R1,50/SMS.

 ??  ?? Shaleen is nou in Arendsvlei in die rol van Muriel te sien.
Shaleen is nou in Arendsvlei in die rol van Muriel te sien.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa