TV Plus (Afrikaans)

Marcie grawe haar eie gat in Diggstown

’n Nuwe begin op ’n ou dorp beteken drama op groot skaal.

-

Die nuwe regsdramar­eeks op Universal TV (*117) Diggstown draai om die 31-jarige, Kanadese prokureur Marcie Diggs (Vinessa Antoine), wat in die arm, maar energieke swart buurt North Preston, Nova Scotia, grootgewor­d het. Marcie het groot ekonomiese uitdagings oorkom om ’n gerespekte­erde prokureur en die opkomende ster in haar firma te word – tot ’n saak wat tot haar geliefde tannie Rolanda (Karen LeBlanc) se selfdood gelei het en Marcie by die firma bedank het nadat sy gesien het hoe die regstelsel ’n lewe vernietig.

Sy is nou oorgehaal om vir geregtighe­id te werk en haar tuisgemeen­skap te dien deur die Halifax Legal Aid-firma. En wanneer die druk groot is, blaas Marcie stoom af deur branders te ry.

TVPLUS HET MET VINESSA OOR DIE ROL GEPRAAT

Wat was die hoofsaak wat die reeksskryw­er en skepper, Floyd Kane, jou van Marcie

vertel het? Sy’s ’n simpatieke en gawe mens, en ek dink dit sê iets van haar Kanadese agtergrond. Sy is iemand wat ek nog nie voorheen, wat swart vroue betref, in dié rol op TV gesien het nie, maar as ’n swart vrou kon ek my onmiddelli­k met haar vereenselw­ig.

Hoe het jy vir die rol voorberei? Aanvanklik het ek ’n bietjie navorsing gedoen, ek het baie hofsake bygewoon, en met ’n paar prokureurs gepraat. Die skepper van ons reeks (Floyd) is inderwaarh­eid ’n prokureur. Ek het dus baie mense gevolg en vrae gevra, en van daar af het ek dit ontwikkel. (Sy moes ook leer branderry!)

Watter soort prentjie het Marcie in die begin van die reeks in haar gedagtes opgebou oor hoe dit sou wees om in ’n regshulpka­ntoor te werk? O, dis snaaks, want ek dink sy was so gewoond aan ’n korporatie­we omgewing, en selfs om ’n assistent en ’n groot, spoggerige kantoor te hê. Ek dink sy verstaan sy moes nie net haar salaris inkort nie, maar ook hoe sy haar

dag beplan. Julle sal in seisoen 1 sien sy het nie eens regtig ’n kantoor nie, hulle het haar ’n pakkamer gegee en sy is effens verras daardeur, maar sy sluk haar trots en besef dís wat sy moet doen, en sy hanteer dit net.

Hoe laat die regshulpwe­rk Marcie toe om werklik haarself te wees? Dit gaan oor omgee vir wat jy doen en dís haar reis in seisoen 1 – sy moet haarself afvra waarom is sy hier, hoekom het sy ’n prokureur geword. En dis wat gebeur wanneer sy besluit om na regshulp terug te gaan.

Waarmee is Marcie gekonfront­eer sedert haar tannie se dood? Sy sukkel met die werklikhei­d van die regstelsel. Sy is gewoond daaraan om elke saak te wen, en om haar intelligen­sie en opleiding te gebruik om te kry wat sy wil hê. En by regshulp kry sy die sake waarmee sy nie normaalweg te doene gekry het nie – byvoorbeel­d ’n enkelma met ’n leerproble­em wat gevaar loop om haar kind te verloor – en sy voel hulpeloos wanneer sy daardie saak verloor.

Hoe het jou eerste branderryt­oneel voor die kamera verloop? Dit was wonderlik, ek het weke lank branders gery selfs nog voor ons by die kamera gekom het, en ek was uitgeput. Daar was ’n paar opnames, dis taamlik uitputtend, want ons moet elke keer van voor af begin.

 ??  ?? Marcie Diggs (voor, naasregs) sluit aan by die personeel van Halifax Legal Aid om vir die verdruktes te veg. DOUG COLLEEN REGGIE MARCIE IRIS PAM
Marcie Diggs (voor, naasregs) sluit aan by die personeel van Halifax Legal Aid om vir die verdruktes te veg. DOUG COLLEEN REGGIE MARCIE IRIS PAM
 ??  ?? DOUG COLLEEN REGGIE PAM IRIS MARCIE Marcie leer uiteindeli­k om haar kollegas as familie te sien.
DOUG COLLEEN REGGIE PAM IRIS MARCIE Marcie leer uiteindeli­k om haar kollegas as familie te sien.
 ??  ?? Tyd is van die uiterste belang in episode 3 wanneer die polisie Marcie se kliënt voor haar gryp.
Tyd is van die uiterste belang in episode 3 wanneer die polisie Marcie se kliënt voor haar gryp.
 ??  ?? Tonele van Marcie se branderrye­ry het gehelp om die plaaslike swart jeug te inspireer om ook die branders te pak.
Tonele van Marcie se branderrye­ry het gehelp om die plaaslike swart jeug te inspireer om ook die branders te pak.
 ??  ?? Die prokureur Doug (links) is hier saam met Reggie. Hy lig Marcie in oor watter uitwerking sistemiese rassisme op die inheemse bevolking het.
Die prokureur Doug (links) is hier saam met Reggie. Hy lig Marcie in oor watter uitwerking sistemiese rassisme op die inheemse bevolking het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa