TV Plus (Afrikaans)

WIE WERK BY HALIFAX LEGAL AID?

-

Die 31-jarige Marcie Diggs (Vinessa Antoine) is ’n korporatie­we prokureur, wat nuut is by Halifax Legal Aid, maar oorgehaal om mense te help wat hulle onregverdi­glik aan die verkeerde kant van die gereg bevind.

Colleen MacDonnell (Natasha Henstridge) is die ambisieuse, rasionele direkteur van Halifax Legal Aid wat ’n slag het om die politiek te plooi.

Die siniese en kortaf regshulppr­okureur Reggie Thompson (C. David Johnson) praktiseer reeds langer as wat Marcie leef. Hy weet hoe om pleitooree­nkomste aan te gaan om sy kliënte uit die hof te hou.

Die trustfonds­baba en nou prokureur Pam MacLean (Stacey Farber) is dol oor ’n goeie argument en is nie bang om haar bevoordeel­de agtergrond te gebruik om ’n regter te word nie.

Die prokureur Doug Paul (Brandon Oakes) spesialise­er in familiereg. Hy het 3 eksvroue en 7 kinders, en hoewel hy werk om sy inheemse Mi’kmaqgemeen­skap in die Eskasoni-reservaat te help, is hy nou weens ’n moord haaks met hulle.

Die Halifax Legal Aidontvang­sdame Iris Beals (Shailene Garnett) het ’n nugter houding getemper met empatie, wat maar lukraak met die kliënte is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa