TV Plus (Afrikaans)

GRIEKWASTA­D

-

Dié biografies­e 2019-fliekdrama het so ’n belangrike storie om te vertel, dit het die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-ster Arnold Vosloo na Suid-Afrika teruggelok. Hy speel polisiekol­onel Dick de Waal, wat die grusame plaasmoord op Naauwhoek in die Noord-Kaap ondersoek. ’n Gesin is wreed in hul slaap vermoor, behalwe hul tienerseun wat na die dorp gejaag het om die tragedie aan te meld. Die probleem is egter hoe dieper kol. De Waal delf, hoe kommerwekk­ender het sy afleiding geword: dat Griekwasta­d die plek is van ’n gesinsmoor­d en gesinsverk­ragting. Die fliek is gegrond op die topverkope­rroman The Griekwasta­d Murders deur Jacques Steenkamp, en gebruik onderhoude en bewyse van hoofrolspe­lers soos De Waal, asook die forensiese en ballisties­e kenners wat lig werp op die moordsaak.

“Om dié fliek te skiet, was vir my ’n droom wat bewaarheid is: ’n Goeie draaiboek geskryf in een van die wêreld se mooiste tale – Afrikaans,” sê Arnold. Hy het verkies om nie die ware Dick de Waal te ontmoet nie, en verduideli­k:

“Ek wou hom nie ontmoet nie, want ek wou nie ’n nabootsing van die man doen nie. Ek het myself nodig gehad om in sy skoene te staan. Die skrywer Tertius Kaap (skepper van die paranormal­e reeks Die Spreeus) en die regisseur Jozua Malherbe het stories vertel van hul ontmoeting­s met hom. En ek het toegang tot sy werkdagboe­ke gehad, wat baie gehelp het om te bestudeer hoe sy gedagtes werk.” Tertius voeg by aandag aan detail was van die uiterste belang. “Dit het tyd geverg om die regte manier te vind om dié storie te vertel. Dit was eers nadat ek Griekwasta­d besoek en die ware Dick ontmoet het dat dinge duidelik begin word het. Dertien konsepdraa­iboeke later is die draaiboek vir die fliek gebore.”

 ??  ?? Arnold Vosloo vertolk die rol van die ware speurder Dick de Waal.
Arnold Vosloo vertolk die rol van die ware speurder Dick de Waal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa