TV Plus (Afrikaans)

Die gom wat almal bymekaar hou

Die akteur Wian Taljaard en sy karakter Dirkie verskil soos dag en nag, maar dis ’n rol wat Wian na aan die hart lê.

-

Lui Maar Op, Belinda Seisoen 2 Maandae kykNET (*144) 20:00

Die werknemers van die hardewarew­inkel Ian En Ander in die komedieree­ks Lui Maar Op, Belinda is ’n interessan­te klomp, want hulle bevind hulself gedurig in chaotiese omstandigh­ede wat gewoonlik snaakse gevolge het. Belinda (vertolk deur die veteraanak­trise Brümilda van Rensburg), die teller, is ’n dramadiva en dink alles in die winkel wentel om haar. Maar eintlik is die hoof van sekuriteit, Dirkie (Wian Taljaard), die gom wat almal bymekaar hou. “Dirkie is jonk en weet hoe om almal bymekaar te bring,” sê Wian. “In die tweede seisoen het hy baie gegroei.”

Dirkie se reis in seisoen 2 was vol verrassing­s, en met ’n troue om die draai en ’n skok-gesondheid­sonthullin­g, is daar baie opwinding voor seisoen 2 later in September eindig.

’N OUGAT KARAKTER

“Dirkie is ’n vreugdevol­le mens,” sê Wian wat ’n denker is. “Ons is dalk dieselfde ouderdom (23), maar ek leef meer in my kop, waar Dirkie amper soos ’n hond vir enige geluid spring en dit gaan ondersoek.”

Dirkie is ougat en selfs sy kollegas voor en agter die skerms weet dit. Brümilda en die aktrise Annelisa Weiland, wat die rol van Annetjie speel en saam met Dirkie in die winkel werk, sê naas hul eie karakters, is Dirkie hul gunsteling.

Wian bloos wanneer hy dit hoor. “Ag, almal in die reeks is spesiaal,” sê hy. “Dis moeilik vir my om een uit te sonder, Brümilda is so profession­eel wanneer sy haar tonele aanpak, maar terselfder­tyd is sy skerp en snaaks. Annelisa is baie energiek, wat besonders is vir iemand wat 72 jaar oud is. Eric Nobbs, wat die rol van Frans speel, was my rook- buddy agter die skerms en altyd gereed om ’n grappie met my te deel of raad te gee. En Duncan Johnson, wat die rol van Ian speel, was ’n ware vriend op wie se nommer ek nou nog kan druk,” sê Wian. DIRKIE EN DIE PAPEGAAI

Dirkie se hooffokus in seisoen 2 was om sy biologiese ouers te vind. “Hy is ’n weeskind, en die begeerte om sy ouers te vind het vlam gevat toe hy aan die begin van seisoen 2 vriende gemaak het met ’n optel-papegaai,” vertel Wian. Belinda het die papegaai Gé Korsten gedoop. “Dirkie was teleurgest­eld toe Gé nie met hom praat nie, soos wat die meeste papegaaie doen. En toe Gé se eienaar hom uiteindeli­k opspoor en terugvat, het dit gevoelens in Dirkie wakker gemaak om sy ouers te vind.”

Deur die loop van die seisoen het Dirkie toe nie klinkklare antwoorde oor sy ouers gekry nie, maar Wian sê daar is hoop vir verdere storielyne en karakteron­twikkeling indien daar ’n derde seisoen kom.

DIE PAPEGAAI PRAAT WEL

In werklikhei­d het Maxine, die papegaai wat Gé Korsten speel, lekker op stel gebabbel. “Ek was ongeloofli­k opgewonde toe ek hoor ek gaan saam met ’n papegaai toneelspee­l,” sê Wian. “Maxine was baie oulik. Sy is ’n gesoute kunstenaar in die bedryf en werk al sowat agt jaar in die kalklig, en het ook al haar verskyning in die internasio­nale seerowerre­eks Black Sails gemaak,” spog Wian. “’n Woord wat sy baie gesê het, is cut, soos wat regisseurs sê wanneer hulle klaar is met die verfilming van ’n toneel, en snaaks genoeg het Maxine die meeste van die tyd presies op die regte tyd cut gesê wanneer die toneel tot ’n einde gekom het. Dit was terselfder­tyd skreeusnaa­ks en fassineren­d.”

TROUKLOKKE LUI

In die laaste twee episodes (20, 27 September) van Lui Maar Op, Belinda gaan daar ’n groot makietie wees met Annetjie en Frans wat afhaak op ’n heerlike bruilofsfe­es, sommer daar in die hardewarew­inkel van Ian En Ander. “Dirkie is vreeslik opgewonde vir sy kollegas en vriende, en Annetjie lyk beeldskoon in haar trourok,” sê Wian.

Maar soos gewoonlik gaan Belinda drama veroorsaak wanneer sy net voor die duifies op hul wittebrood vertrek ’n aankondigi­ng maak oor haar gesondheid wat almal in rep en roer gaan hê. “Almal gaan dan bymekaar kom om Belinda te ondersteun, want deur al die manewales is hulle ’n familie, en familie ondersteun mekaar,” voeg Wian by. En hoe waar is dit nie!

 ??  ?? Die rol van Dirkie in Lui Maar Op, Belinda is die akteur Wian Taljaard se deurbraakr­ol in die TV-bedryf.
Die rol van Dirkie in Lui Maar Op, Belinda is die akteur Wian Taljaard se deurbraakr­ol in die TV-bedryf.
 ??  ?? Inlas: Wian (links) en Maxine wat die rol van die papegaai Gé Korsten vertolk het.
Inlas: Wian (links) en Maxine wat die rol van die papegaai Gé Korsten vertolk het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa