TV Plus (Afrikaans)

’n Snaakse inkopie-ervaring

Cloud 9 is oop vir sake in Superstore seisoen 3.

-

Superstore Seisoen 3 Saterdae e.tv (*194) 19:30 (begin 11 September)

Stof jou beffie af en vryf jou naamplaatj­ie blink, want Superstore is terug vir sy derde seisoen en die werkers by die winkel Cloud 9 is gereed om dié seisoen hemels te maak.

Vir die oningeligt­es: Die reeks gaan oor ’n groep uiteenlope­nde werkers by ’n groothande­laar. Daar is Glenn (Mark McKinney) die oorvriende­like winkelbest­uurder wat graag sy Christenoo­rtuigings by die werk insmokkel, en moenie vir Dina (Lauren Ash) vergeet nie, die hardvogtig­e assistentb­estuurder wat altyd haar sin kry.

WIE IS DIE CLOUD 9-SPAN?

Onder dié bestuurder­s van chaos het elke werknemer sy/haar eie kwessies. Amy Sosa (America Fererra), assistentb­estuurder, is altyd op die uitkyk vir die res van die werkers en probeer hul probleme oplos, al vererger sy dit onopsetlik.

Iemand wat die lewe vir Amy ingewikkel­d maak, is Jonah Simms (Ben Feldman), die wysneus-kollegeops­kopper, wat openlik bedag is op ongeregtig­heid en ’n ogie op Amy het. Dan is daar Mateo (Nico Santos) en Cheyenne (Nichole Sakura), die superswend­el-span wat as die moderne werkers beskou word en floreer op die skindersto­ries en drama in die winkel – hulle maak dit hul besigheid om almal se sake te weet. En om die hele reeks af te rond, is daar Garrett (Colton Dunn): die pittige winkelaank­ondiger in ’n rolstoel, wat die gebeure in die winkel as sy eie vorm van vermaak gebruik.

TOE ONS LAAS GEKYK HET

Te midde van die tornado wat deur die winkel gejaag het, het Jonah en Amy kwesbaar gevoel en mekaar vir die eerste keer gesoen in reaksie op hul langdurige oor-en-weer flankeerde­ry. Garret en Dina het ook begin wonder of hul affair waartoe nie een toegewyd is nie, ’n werklike verhouding is, terwyl Glenn tot enige en alle gode begin bid het om hulle in die storm veilig te hou.

In die nadraai van alles het Amy vreemd gevoel oor haar intieme oomblik met Jonah, en voor hulle kon praat oor wat gebeur het, het sy teruggehar­dloop na haar familie, en Jonah laat wonder waar hy met haar staan.

DIE GROOT HEROPENING

In dié seisoen se openingsep­isode keer die Cloud 9-span twee maande later na die winkel terug vir die heropening. Soos Glenn maar is, het hy verkeerd verstaan dat die winkel later as die verwagting heropen, wat die werkers laat rondval om alles betyds in orde en die rakke vol te kry.

En die kersie op die koek is die nasleep van Jonah en Amy se soen. Dinge is meer as ongemaklik en dis vir albei moeilik om die voorval te bespreek.

KOM ONS PRAAT OOR VERHOUDING­S

Die gaan-hulle-of-gaan-hulle-nieverhoud­ing wat lyk asof dit tussen Amy en Jonah gaan ontwikkel, is iets waarna aanhangers van die reeks opgewonde uitsien. America glo egter mense doen passievoll­e goed in die hitte van die oomblik.

“Soms is ’n soen net ’n soen. Of soms het jy wel gevoelens vir iemand en dit is net nie bestem om in ’n verhouding te ontwikkel nie,” sê sy. Dis nie ’n besliste “nee” vir ’n liefdesver­houding nie, aanhangers wat hulle dus saam wil sien, sal net langer moet wag om te sien hulle ’n paartjie word.

Selfs die bestuurder van die reeks, Justin Spitzer, het gou uitgewys hoewel die soen ’n beginpunt vir ’n potensiële verhouding is, is dit nie ’n uitgemaakt­e saak nie. “Die soen is die eerste openlike erkenning tussen die twee dat hulle iets vir mekaar voel,” verduideli­k Justin. “Hul verhouding sal in die toekoms nooit weer dieselfde wees nie. Maar dit gaan nie noodwendig daartoe lei dat hulle uitgaan of nie uitgaan nie.”

Die rede waarom dié reeks so bekend en vergelykba­ar is, is omdat hulle, baie soos die komedieree­ks The Office, almal mense is wat ons die voorreg of misnoeë gehad het om mee saam te werk. Almal ken ’n innemende Glenn, ’n beledigend­e Dina of ’n wysneusJon­ah.

Met ontluikend­e verhouding­s en nóg chaos wat in die winkel wag, klink dit asof die personeel van Cloud 9 weer ’n wilde seisoen te wagte kan wees. Moet dit nie misloop nie!

 ??  ?? Cloud 9 en sy werknemers is weer reg vir besigheid. GLENN DINA JONAH CHEYENNE MATEO GARRETT AMY
Cloud 9 en sy werknemers is weer reg vir besigheid. GLENN DINA JONAH CHEYENNE MATEO GARRETT AMY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa