TV Plus (Afrikaans)

Totsiens, Baxters

Dis die allerlaast­e seisoen van Last Man Standing wanneer die reeks groet – en dié keer is dit vir altyd.

-

Last Man Standing Seisoen 9 Saterdae M-Net (*101) 18:30 (begin 18 September)

Ná 9 jaar en 194 episodes loop die komedieree­ks Last Man Standing – weer – ten einde. Toe dit in 2017 sonder ’n behoorlike einde soos ’n warm patat deur die netwerk ABC gelos is, was aanhangers verpletter. Maar danksy die Amerikaans­e netwerk FOX is die reeks ’n jaar later hervat om kykers die afsluiting te gee wat hulle verdien. Min het die kykers geweet hulle sou drie jaar later totsiens sê aan Mike (Tim Allen) en die Baxter-gesin (weer) – vir altyd.

WAT LAAS GEBEUR HET

Die hele seisoen 8 was oor die komende geboorte van

Kristin (Amanda Fuller) en Ryan (Jordan Masterson) se dogter. Om die waarheid te sê, die seisoen het geëindig met Kristin wat begin kraam het. Maar haar pyne was nie ál wat almal onkant betrap het nie. Covid-19 het ook ’n stok in die wiel gesteek toe die produksies­pan, kort nadat episode 21 afgehandel is, gehoor het dis die einde van seisoen 8 wat oorspronkl­ik 22 episodes sou hê. Die bestuurder, Kevin Abbott, sê hy was nie gereed om seisoen 8 voortydig te eindig nie. “Ek het gesê ek wil nie (die produksie) toemaak nie. Episode 21 is goed, maar dis nie ’n slotepisod­e vir ’n seisoen nie. Ons eindig met Kristin wat kraam – ’n reeks kan nie so eindig nie.” Wel, dit het en ons is nou gereed om te sien hoe Kristin en die familie hul jongste lid in die wêreld verwelkom . . . of nie.

IN WATTER JAAR?

Aanhangers gaan verras wees in episode 1 van seisoen 9 wanneer ons Kristin se dogter ontmoet – en sy is nie meer ’n pap baba nie! Die program het ’n tydsprong gekies om nie net die gekomplise­erdheid van Covid te hanteer nie, maar ook om te verseker ons kon ontsnap na ’n post-pandemie, Baxtergevu­lde wêreld. “Aangesien ons nie die debuut van die seisoen sou wys tot Januarie 2021 (in die VSA) nie, het ons gewonder of ons werklik wil probeer voorspel hoe dit dalk in Januarie 2021 gaan lyk?” verduideli­k Kevin. “Ons gaan ’n paar jaar vooruit beweeg in die seisoen sodat ons verby ’n paar van dié krisisse kon kom.”

AG, EVE!

Wat kan ons nóg van die allerlaast­e seisoen verwag? Jammer, geen Eve (Kaitlyn Dever) nie, tot die heel laaste episode. En selfs dan sien ons net die Baxters se jongste dogter in ’n video-oproep. Omdat die aktrise reeds aan ’n ander projek gewerk het, was sy nie beskikbaar vir haar gereelde gasverskyn­ings in die loop van die finale reeks nie en om haar by die stel vir die laaste episode te kry was logisties onmoontlik. “Ongelukkig kon ons haar nie betyds terugkry (vanaf Atlanta waar sy besig was met die verfilming van die fliekdrama Dear Evan Hansen, 2021, na LA waar Last Man Standing geskiet word) en al die kwarantynp­rotokolle en veiligheid­sregulasie­s nakom nie,” verduideli­k Kevin. “Ons het alles probeer, en ons kon haar net met Zoom op die program kry.” Vreemd genoeg, dit het goed uitgewerk met Mike en sy dogter wat ’n hartroeren­de oomblik gedeel het. “Tim voel baie vaderlik teenoor Kaitlyn, die Zoom-oproep het dus vir hom ’n persoonlik gelaaide betekenis gehad.”

LAASTE TOTSIENS

Tim sê dit was moeilik om totsiens te sê aan ’n karakter en toneelfami­lie wat hy liefhet. “Ek was dol oor dié reeks, die spelers en span. Ek het nooit ’n slegte dag op die stel gehad nie. Natuurlik lewe al die akteurs nog en ons kan mekaar sien wanneer ons wil, maar ek het nog nie herstel van hoe dol ek was oor die wêreld wat ons geskep het nie.”

Aanhangers kan ’n sug van verligting slaak, want anders as die vorige slotepisod­e van die seisoen, gaan ons ’n behoorlike Baxter-totsiens kry. Oor twee episodes gaan ons sien hoe die gesin in hul agterplaas kampeer, terugdink oor Mike se geliefde, klassieke Ford F-100bakkie, asook die Baxters se onvergeetl­ikste oomblikke. Soos Mike in die allerlaast­e toneel van die program sê: “Nou wil ek net dié oomblik met julle almal geniet.”

 ??  ?? Mike Baxter en sy gesin kry ’n laaste uitstappie.
Mike Baxter en sy gesin kry ’n laaste uitstappie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa